Openbare Sake kyk na Arbeidswetgewing

 

Openbare Sake kyk na Arbeidswetgewing

Posted by VLV in Kuruman Tak, News 29 May 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Petro Spangenberg

Datum: 28 Mei 2014

 

Op ‘n onlangse vergadering gehou in die saal van Laerskool Seodin het Mnr Francois Grigor van Grigor and Associates Labour Law die lede toegespreek oor al die belangrike aspekte van die Arbeidswet. Volgens hom bestaan die pilare wat werksekuriteit beskerm uit die volgende vier punte:

1. Arbeidsreg is eerstens vir die werknemer en om arbeidsvrede te handhaaf.

2. Redelikheid.

3. Om billikheid in werksplek te bevorder.

4. Om verhoudings en basiese diensvoorwaardes te bevorder.

 

Minimum huiswerkersloon vir ons (Area B) vir ‘n werker wat meer as 27 uur per week werk is R8.30 per uur. Volgens wet is werkers geregtig op een uur se rus na 5 ure se werk. Vir persone wat minder as 27 uur per week werk is die loon R9.80 per uur.

Elke werker moet by die Departement van Arbeid geregistreer word. Die voordele van werkloosheidsversekering is dat werkers kan eis vir werkloosheid a.g.v. personeelinkortings of sluiting van besigheid, siekte (ongeskik om te werk), kraam, aanneming van ‘n kind, dood en pensioen. Aansoeke moet egter binne 6 maande van die voorval ingedien word.

Mnr Francois Grigor oor Arbeidswetgewing.

Ronel du Plessies vra almal se ondersteuning met die Warm Hoop projek waartydens grys en swart skoolkouse ingesamel word vir leerders.

Kurara FM 98.9 is ‘n plaaslike radiostasie wat vanuit Kuruman uitsaai  sedert 1 Januarie 2012.  Tsepo Kgathlane is die omroeper wat Saterdae tussen 1 en 3 in die mooiste Afrikaans uitsaai en hy vertel die lede van sy groot liefde vir sy taal. Hy is onderwyser by die Hoërskool Wrenchville. Hy nooi enigiemand uit om gemeenskapsake in sy tydgleuf te kom meedeel en speel graag nuwe kunstenaars se musiek in die program Vuur en Vlam, alles Afrikaans.

Jaco Gregory het die lede bekoor met twee liedere op die klavier, waarvan een die gewilde Für Elize is en Janet West het ‘n paar onbekende feite oor Beethoven uitgelig.

Marinda Stander, saamroeper van Openbare Sake in Kuruman tak saam met Tsepo Kgatlhane van Kurara FM 98.9 afgeneem. Links luister Petro Spangenberg en regs tannie Joeks Myburg.

Post a comment

18 + fifteen =