Op ‘n hoë noot

 

Op ‘n hoë noot

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 03 Oct 2013

Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 3 Oktober 2013

 

Soos ons die jaar op ‘n hoë noot begin het, het ons dit ook op ‘n hoë noot afgesluit! Sella Swart, ons erelid, het op die dag van ons vergadering  91 jaar oud geword.  Ons het haar ingewag en verras met ‘n pragtige verjaarsdagkoek en sjampanje.  Hettie Stander het ‘n heildronk ingestel.  Met die sing van Laat Heer U seën op haar daal was almal maar tranerig.  Sella is nie net ‘n meelewende lid nie, maar ook ‘n geliefde lid. Sy is al vir 65 jaar lid van die V.L.V.

Sella Swart en Hettie Stander.

 

Hettie lees Oktobermaand van C. Louis Leipoldt voor en gee ‘n kort lewensgeskiedenis van die digter.  Hy is op 28 Desember 1880 in Worcester gebore, maar het  grootgeword in Clanwilliam, waar hy ook in die Hantam, op die Pakhuispas, in die Sederberge, tussen Clanwilliam en Wupperthal begrawe is. Hy was  ‘n bekende digter, geneesheer, plantkundige en joernalis. Hy het die Hertzogprys in 1935 gewen.

Sarie Wolmarans, sameroeper van Leefstyl,  wys hoe om, met min moeite, gekoopte kledingstukke met ‘n stukkie kant, lint of hekelwerk te verfraai. Sy wys ook hoe om die vorige seisoen se klere te moderniseer. Sy gee wenke hoe om jou klere te meng en pas. Sy beveel aan  dat langbroeke, baadjies en bloese as groepe in die klerekas gehang word. 

Sy demonstreer ook tafelrangskikkings vir verskillende geleenthede. Slegs blomme en loof uit die tuin, is gebruik.

Pragtige uitstallings van antieke naaldwerk, patrone en   kombuisware is gedoen. Elize Kotze demonstreer hoe om die mooiste suikerkuns rose te maak.

Doloris Needham het ‘n Broodknippie Projek en d.m.v. diè projek kon sy alreeds 38 rolstoele aan behoeftige persone voorsien. Die  lede van die tak word elke maand aan die projek  herinner en het  gedurende die jaar 7kg broodknippies bymekaar gemaak as bydrae tot die projek. 

Martina Fouche en Hettie Stander weeg die broodknippies.

Nuwe bestuur:  LNR Nellie Crafford (Gesondheid), Gerda v.d. Vyver (Kunste en Handvlyt), Magda Viljoen (tesouriere), Magriet v.d. Merwe (Leefstyl: naaldwerk), Suzette van Schoor (sekretaresse), Mariaan Bothma (Openbare Sake), Hettie Stander (voorsitter).

Voor:  Sarie Wolmarans (Landbou & Tuinbou) en afwesig: Elsie Vorster (Opvoeding en Kultuur).

Post a comment

1 × 1 =