Oorwinning ten spyte van terugslae

 

Oorwinning ten spyte van terugslae

Posted by VLV in Mimosa Tak, News 21 May 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Erika Linde

Datum: 20 Mei 2014

 

Rita le Roux wat as motiveringspreker optree, het met ons die wedervaringe kom deel wat sy die afgelope 11jr moes deurmaak. Hulle is op hul plaas, in hul plaaswinkel deur gewapende rowers oorval. Haar man is deur sy rug en ingewande geskiet wat hom ‘n parapleeg gelaat het. Hy is in ‘n bedenklike toestand na Kimberley gehaas waar lank vir sy lewe gevrees is. Ingewandsontsteking het ook ontstaan in die mate dat hy in afsondering geplaas moes word.

 

Sy het ons ook meegedeel hoe kompleks die versorging van so ‘n persoon is. Hy het onder andere geen beheer oor sy blaas en ingewande, en moet elke 2 uur gedraai word om bedsere te voorkom! Nog ‘n probleem is dikwels kroniese blaasontsteking. ‘n Persoon wat deur so ongeluk die gebruik van sy ledemate verloor het, raak ook buierig en moeilik aangesien hy uiters gefrustreerd is deur sy omstandighede. Dit skep ‘n gevoel van onmag in hom en laat hul dikwels in depressie verval.

 

Deur al hierdie omstandighede het sy positief gebly en versorg sy hom steeds met baie liefde en toewyding. Intussen is haar vader oorlede en haar bejaarde moeder is na ‘n beroerte ook pal in haar sorg.

 

Al die druk en spanning op haar het sy tol begin eis en sy is self met Lupis en gewrigsontsteking gediagnoseer. Deur alles heen, het sy bly glimlag en kan sy vandag terugkyk op ‘n deel van haar lewe wat uiters moeilik was, maar danksy haar sterk geloof en wil het sy geslaag in haar doel.

LNR Rita le Roux – motiveringspreker, Marinda Lamont – sameroeper van Gesondheid en Helmine Haasbroek, voorsitter van Mimosa.

Post a comment

sixteen + 1 =