Oog gesondheid en handige wenke

 

Oog gesondheid en handige wenke

Posted by VLV in Graafwater Tak 19 Aug 2014

Sirkel:  Weskus

Tak:  Graafwater

Portefeulje:  Gesondheid en Kunste en Handvlyt

Berriggewer:  Marna Lambrechts

Datum:  19 Augustus 2014

 

 

graafwater

 

 

Tydens ‘n Leefstyl en Gesondheid vergadering het die Hanlie, Gesondheid sameroepster, vir Belia Malan,‘n oogkundige, aan die lede voorgestel.  Belia het ‘n baie interessante en leersame praatjie gelewer oor die verskillende dele van die oog, hul funksies en hul werking.  Sy beklemtoon dat ‘n gebalanseerde dieet en veral die Omega 3  noodsaaklik is vir ooggesondheid.   Sy vertel van verskeie oogsiektes soos gloukoom, wat dit is en hoe dit behandel moet word.   Sy vertel van katarakke en verduidelik hoe ‘n lens oorplanting gedoen word. Dit was ‘n baie suksesvolle aanbieding wat baie belangstelling uitgelok het.

 

 

Marietjie, die Leefstyl sameroepster, het wenke gegee oor styl en modeneiging.  Klerekas beplanning, huishoudelike organisasie en interieur is bespreek asook mooimaak wenke.  Moenie die maskara se borseltjie pomp nie, dit laat lug in en droog dit uit.  Gebruik toetsmonsters, soos bv shampoo en opknapper vir die was van onderklere en om hande te was in openbare badkamers.  Gebruik opknapper in plaas van skeerroom vir lieflike gladde bene.  Klere wat lank gebêre was kan saam met ‘n klam handdoek vir 15 minute intuimeldroeër gegooi word.  Die kreukels en reuke sal verdwyn.  Sny leë toiletrolletjies in helfte deur en vou dit rondom jou rolle geskenkpapier. Sodoende sal dit nie afrol nie.

 

 

Post a comment

5 × four =