Onthaal en etiket

 

Onthaal en etiket

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 04 Sep 2014

Sirkel:  Worcester

Tak:  Maria Stofberg

Portefeulje:  Leefstyl

Berriggewer:  Susan Engelbrecht

Datum:  4 September 2014

 

 

maria stofberg nuut

 

 

Hettie Stander open die vergadering deur die blaadjie  “Die Vrou by die put”, wat by die kongres uitgedeel is, te lees. Op 24 September 2014 is VLV-tak  Maria Stofberg 58 jaar oud. Op Maandagmiddag  24 September 1956 is die tak deur Maria Stofberg gestig. Om dit te herdenk het die voorsitter ‘n kers aangesteek om die  dame te eer.

 

 

maria stofberg nuut3

 

 

maria stofberg nuut2

 

 

Nadat Peter van Dyk, ‘n baie veelsydige persoon , aan die dames voorgestel is, het  hy  die lede weer opnuut van tafel etiket  en onthaal geleer.  Nooi gaste wat gesellig met mekaar kan verkeer en moet nooit nuwe resepte op gaste  beproef nie.  Gebruik tafelversierings en eetgerei wat by die geleentheid pas.  Deesdae kan jy enige houer in die huis , asook enige  blom  of groente bv. rooi uie, seldery of ‘n  slaaikop as versiering gebruik.

 

 

maria stofberg nuut 4

 

 

Doris Crafford het die fyner punte by die  maak van droëvrugte lekkers en die bak van ‘n rooifluweelkoek met die lede  gedeel. Enige droë vrug kan gebruik word. Die lekkers kan in blokkies gesny  of in  balletjies  gerol  word. Die fluweelkoek moet rooi wees – 4 lae en die vulsel moet die koek komplimenteer.

 

 

maria stofberg nuut 5

 

 

Aangesien dit September boomplantmaand is, het Johanna van Wyk die dames toegespreek oor die ontstaan van boomplantdag en spesifiek verwys na die twee bome van 2014 nl. die Laventel- en Witysterhoutboom.

 

Kompetisie artikels was soos volg:  Jammerlappies gehekel van katoengare, rooifluweelkoeke en die mooiste clivia’s uit die tuin.

 

 

maria stofberg komp

 

 

maria stofberg komp2

 

 

maria stofberg komp3

 

  • Elsabe Bosch February 16, 2015 at 12:46 pm / Reply

    Goeie Middag, ek is lid van die Neo-Luna VLU aand tak Carpe Diem Streek Mpumalanga en is regtig ook opsoek na n resep / aanwysings / riglyne in die maak van die ongekookte droevrugtelekkers en sal dit regtig waardeer indien iemand enige inligting met my sal deel asseblief. Ek hou van julle blad en dit lyk of julle lekker bedrywig is. VLU-Groete Elsabe Bosch

Post a comment

fifteen − twelve =