Ons kan alles doen in Afrikaans

 

Ons kan alles doen in Afrikaans

Posted by VLV in News, Prieska Tak 12 Apr 2018

Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Erika Lubbe

Vergaderingdatum: 11 April 2018

 

Tema van die vergadering: Afrikaanse Woordfees: Ons kan alles in Afrikaans doen!

 

Vlnr: Samantha Groenewald, gasvrou van die dag, en Jacobie Botha, Saamroeper van Opvoeding en Kultuur.

 

Ons kan in Afrikaans uit die Bybel lees en ook bid in Afrikaans!

Voorsitter, Corrie Liebenberg, lees Psalm 121 en ook ‘n gebed van Barend Vos voor.

 

Ons kan redeneer in Afrikaans!

Benjamin Roux, ‘n leerder van Hoërskool Prieska, neem deel aan die ATKV-redenaarskompetisie met die tema: Die sterftesyfer op ons land se paaie is ‘n teken dat daar fout is met wetstoepassing. Sy oortuigende redenasie het die lede beïndruk.

 

Ons kan lag in Afrikaans!

Seremoniemeester, Esmé du Toit, het die lede tussendeur laat skaterlag met tipiese Afrikaanse grappies. Dan praat ek nie van VLV-lid, Cecilia Tredoux, wat met ‘n kort DVD-vertoning: Nataniël vertel van sy nefies, Paal en Punt, se kaskenades, die lede laat lag het dat die trane loop nie……

 

Agter vlnr: Lulu van Wyk, Taksekretaris, Esmé du Toit, seremoniemeester. Sittend, Corrie Liebenberg, Takvoorsitter.

 

 

 

 

 

 

 

Ons kan lees in Afrikaans

 

Vorige VLVK-president, Erika Lubbe, lees Herinnering in Geure voor uit Ruikertjies vir Reëndae, geskryf deur Rachie Viljoen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons kan dig in Afrikaans!

VLV-lid en leerkrag van die plaaslike skool, Cecilia Jacobs, se leerders dra gediggies voor wat saamgestel is deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh in hul opwindende versameling kinderverseboek: Nuwe Kinderverseboek.

 

VLV-lid, Annatjie de Villiers, se voorlesing van twee vroeëre gedigte: Winternag deur Eugene Marais en ‘n Handvol gruis uit die Hantam van C. Louis Leipoldt het die ouer lede na hul kinderjare laat verlang.

 

Sekretaris, Lulu van Wyk, lees voor uit ‘n plaaslike digter, Barbara Smit, se Digbundel: Kaalvoet deur die Ou Testament.

 

 

 

Die uitnodiging waarmee die lede uitgenooi is na die Afrikaanse Woordfees-vergadering.

 

 

 

 

Idiome in Afrikaans laat almal diep dink!

So bang soos ‘n haas vir ‘n hond: Baie bang.

Jors is hier weg met die aanslag van die nag: Hy is hier weg met dagbreek.

In die gras byt: Sneuwel.

Van ‘n padda vere probeer pluk: Die onmoontlike probeer doen.

 

 

 

 

 

 

 

Interessante uitdrukkings/sêgoed in Afrikaans!

‘n Manlike vis is ‘n haan, ‘n vroulike vis is ‘n hen en ‘n volstruispaar is ‘n toom.

make-up is jeugdeug.

‘n nerd is ‘n briljantjie.

 

Nuus in Afrikaans!

VLV-lid en plaaslike fisioterapeut, Lizanne Esterhuysen, herhaal ‘n nuusflits van RSG op 26 Maart 2018, nl. een van die ATKV se gespreksaanbiedinge oor die tema: Afrikaans het baie gesigte: Die rol van die Maleiers in die Bo-Kaap in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans.

 

Musiek in Afrikaans!

Saamroeper van Opvoeding en Kultuur, Jacobie Botha, speel die mooiste ou en nuwe Afrikaanse liedere waarvan Randall en Koba Wicomb se Dans met die rooi rok, groot byval gevind het.

 

Mode in Afrikaans!

VLV-lid en gasvrou van die dag, Samantha Groenewald, demonstreer hoe ‘n denimbroek waarvan die ritssluiter nie wil bo bly nie bo gehou kan word. Rits die ritssluiter toe, haak ‘n gordynring in die rits se hakie en haak dit terselfdertyd ook oor die knoop van die broek. Die ritssluiter kan nou nie beweeg nie.

 

Demonstrasie in Afrikaans!

Saamroeper, Jacobie Botha, demonstreer hoe ‘n duvetoortreksel baie maklik oor die duvet getrek kan word.

 

Celia Tredoux vertoon ‘n DVD oor Nataniël wat vertel van sy nefies, Paal en Punt.

 

 

 

 

 

 

Post a comment

2 × 2 =