Kleinbrak ondersteun KANSA

 

Kleinbrak ondersteun KANSA

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 31 Jan 2018

Sirkel: SWD

Tak: Kleinbrakrivier

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum van Vergadering: 30 Januarie 2018

 

Die gassprekers by Kleinbrakrivier Sirkel SWD se vergadering op 30 Januarie 2018, was Anina Meiring en Minette van Zyl van KANSA, George. Hierdie passievolle dames het gesels oor KANSA se werk en vertel van die behoeftes van pasiënte en waarmee die publiek kan help.

 

Anina het uitgebrei oor die jaarlikse ‘Shavathon’, wat die kleinood van Suid-Afrikaanse fondsinsameling-veldtogte geword het. In 2018 word hierdie waardige veldtog vir die 15de agtereenvolgende jaar regoor die land aangebied. Soos altyd staan Grootbrak nie ʼn tree terug nie en oud en jonk kan 24 Februarie vanaf 9.00 solidariteit met kankeroorwinnaars kom wys by Black Vanilla.

 

Die skeer en sproei van hare (volwassenes betaal R50 / kinders jonger as 12 betaal R25), het  ʼn simboliese betekenis geword ter ondersteuning van kankerpasiënte en kankeroorwinnaars, terwyl dit ook help om die spanning van mense wat hulle hare tydens die behandeling van kanker verloor het, te verminder.

 

Verskuil agter ‘Shavathon’ lê die wrede realiteit van hierdie verskriklike siekte. Ons moet nie vergeet dat kanker elke mens op die een of ander manier raak, en dat betrokkenheid die geleentheid bied om ʼn verskil te maak nie.

 

Minette het verder vertel van die onbaatsugtige KANSA sorgtuiste in George en die wye verskeidenheid van ondersteuning wat hulle aan weg-van-die-huis kankerpasiënte, hulle gesinne en geliefdes bied.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Minette van Zyl en Anina Meiring (regs). Anina het gesels oor Kansa se werk en vertel van die behoeftes van pasiënte en waarmee die publiek kan help.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Engela Buys, vise-voorsitter en sameroeper van die vergadering,  wys hoe om ‘n wolserp met ‘n naaimasjien te maak.

 

 

Hier beduie sy: “Dames, hierdie nate is bykans onsigbaar”. Die tak se Sekretaris – Ria van Straaten kyk gefassineerd toe.

 

 

 

 

 

Aritha Matthews ontvang haar 20-jaar-diensknopie van Hester ons voorsitter. Wel gedaan Aritha!

 

 

 

 

 

 

 

Kleinbrakrivier Sirkel SWD se Bestuur vir 2018:

Hester Krige (Voorsitter), Engela Buys (Vise-voorsitter & Kompetisies sameroeper), Ria van Straaten (Sekretaris), Cecilia Pieterse (Tesourier & Kunste en Handvlyt  sameroeper), Dee Disney (Gesondheid sameroeper), Marietjie Bothma (Landbou en Tuinbou sameroeper), Miens Willers (Leefstyl sameroeper), Elrina van Zyl (Openbare Sake sameroeper), Leatitia Steyn (Opvoeding en Kultuur sameroeper), Rita Burger (Beoordelaar), Lydie Terblanche (Media Koördineerder)

 

 

 

 

Post a comment

seventeen − twelve =