Om te skryf met was

 

Om te skryf met was

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 17 May 2018

Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Elsa Hanekom

Datum: 16 Mei 2018

 

 

Suider-Paarl word 63 en ons vier fees.

 

 

 

 

 

 

 

Een van die lede, Marie Hammann, het die tak verras met ‘n verjaarsdaglied wat sy geskryf het, en uitgerus in ‘n kostelike kostuum het sy almal in die regte luim gekry vir die oggend.

 

 

Marie Hammann, met skorsiesak en al in die hare, verduidelik aan die lede hoe sy die verjaarsdaglied gesing wil hê.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Een, twee, drie en ons sing!

 

Erkenning word ook gegee aan lede wat sekere mylpale bereik het en kentekens word aan hulle oorhandig.

 

 

 

 

 

 

 

Elaine Joubert ontvang haar 40-jaar lidmaatskap kenteken van Berta Spangenberg.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Skinkbord lap van batik is volgende jaar ‘n kompetisie item en toe Kuns en Handvlyt sameroeper, Wilma Kock, nie iemand kon kry om met die tak oor die onderwerp te kom gesels nie, het sy en mede taklid, Elsa Hanekom, besluit om self hul hand aan batik te waag.  Hulle het met die hulp van ‘n paar boeke, YouTube en die internet soveel as moontlik oor batik geleer en dit met die tak kom deel.

 

Batik is ‘n antieke kuns wat reeds eeue gelede in Indonesië ontwikkel is.  Die woord beteken “om te skryf met was” en die prinsiep is heel eenvoudig:  gedeeltes van materiaal word met warm vloeibare was geverf, en dan word die materiaal gekleur.  Die gedeeltes wat met was behandel is, absorbeer nie die kleurstof nie.  Die verwydering van die was laat die materiaal sag, soepel en met ‘n deurskynende kwaliteit.

 

‘n Unieke kenmerk van batik is die gekraakte, marmeragtige effek wat ontstaan deurdat die kleurstof tussen die barsies in die was deursypel.

 

Jy hoef nie ‘n kunstenaar te wees om batik te doen nie.  Mooi batikwerk kan geskep word met eenvoudige, geometriese vorms.  Alledaagse voorwerpe soos vurke en koekdrukkers lewer verrassende patrone op.

 

Die beste batikstowwe is wit of roomkleurige katoen, linne of sy.  Kunsvesel neem nie maklik kleur op nie, dit is dus beter om natuurlike stowwe te gebruik.

 

Die was is gewoonlik ‘n mengsel van paraffienwas en byewas.  Die byewas word gebruik vir sy buigsaamheid en die paraffienwas vir die kraak effek.  Soya-was is die eko-vriendelik weergawe maar is baie duur.

 

Vir die aanwending van die was benodig jy varkhaarkwassies, huishoudelike verfkwaste om groot gebiede te bedek en kunstenaarskwassies vir eenvoudige werk.  Werk met fyn besonderhede word gedoen met die tradisionele batikapparaat, die tjanting (waspen).  Dit bestaan uit ‘n klein koperpotjie met ‘n nou tuitjie aan ‘n houtsteel.  Dit word in die was gedoop en soos ‘n pen gebruik.

 

Kouewater-kleurstowwe word gebruik want warm water sal die was laat smelt.  Die tradisionele manier van doen is om die materiaal in kleurstof te doop.  Dit is ‘n langsame proses, want jy moet elke keer wag tot jou materiaal behoorlik droog is voor jy jou volgende laag was opsit.

 

Die moderne neiging is egter om die kleurstof op te verf.  Dit is baie vinniger want die kleurstof raak vinniger droog as wanneer jy die materiaal in kleurstof doop en dit is minder morsig.  Jy kan ook jou kleure in ‘n sekere mate beter beheer.

 

Nadat die was en kleur prosesse afgehandel is, kan die was op een van twee maniere uit die materiaal verwyder word.  Die materiaal kan in water gekook word om al die was uit te kry of die materiaal kan tussen lae koerantpapier geplaas word en met ‘n warm strykyster uit gestryk word.

 

Voorsitster, Gonny du Plessis en Sekretaresse, Berta Spangenberg in ‘n gesellige luim voor die vergadering.

 

 

 

 

 

 

Maureen Barnard ontvang haar nuwe kenteken van Berta Spangenberg

 

 

 

 

 

 

 

 

Hester Smit ontvang ‘n drukkie en haar 25-jaar lidmaatskap kenteken van Berta Spangenberg

 

 

 

 

 Berta Spangenberg oorhandig haar suster, Susan de Villiers, se 30-jaar lidmaatskap kenteken aan haar.

 

 

 

 

 

 

Kolwyntjies en boksie met eetgoed

 

 

 

 

 

 

 

Die dames geniet ‘n koppie tee na afloop van die vergadering.

 

 

 

 

 

                             Tia Dixon en Maureen Barnard

Post a comment

7 + nine =