Om oud te word is geen grap!

 

Om oud te word is geen grap!

Posted by VLV in Gansbaai Tak, News 05 Mar 2014

Sirkel: Overberg

Tak: Gansbaai

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Betty Knipe

Datum: 4 Maart 2014

 

Gesondheidsameroeper, Francette Cellie-Malan, en haar gasvrouens, Ida Brand, Magdaleen le Roux, Dina Grobbelaar, Elma Lourens, Bertha Lambert, Bokkie Loubscher en Elizabeth Muller het gereël dat Suster Meyer van die plaaslike outetehuis, Herberg aan See, die dames toespreek.  Die dames het dit baie insiggewend gevind, waarna Suster Meyer grappig gesê het ‘oudword is nie vir sissies nie”.

Suster Meyer.

 

Gansbaai tak is op die oomblik baie besig om  reëlings te tref vir Konferensie wat op 11 Maart gaan plaasvind. Gansbaai tak se lede sien daarna uit om die verskillende takke te onthaal.

 

Daar was baie mooi beeldhouwerk wat deur Elizabeth Muller en Ronel de Villiers gedoen is. Die gebak het ook goeie punte behaal.

 

Almal het heerlik tee gedrink nadat ‘n paar huishoudelike sakies afgehandel is.

Ronel de Villiers, Betty Knipe en Elizabeth Muller met hul beeldhouwerk.

Post a comment

five + two =