Okuleer vir ‘n goeie oes

 

Okuleer vir ‘n goeie oes

Posted by VLV in News, Wellington Tak 25 Jul 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 24 Julie 2014

 

“En verder die boer wat nie saai nie, sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie” – CJ Langenhoven se  vers laat my dink aan ons Landbou-oggend saam met SAPO (SA Plantverbeterings Organisasie).

 

Elsa Muller en Tippie Malgas van Stellenbosch het ons saal met vrugtebome toegepak. Royals, Goldens, Transvalias ens. Tippie het vir ons touwys gemaak hoe vrugtebome geokuleer (ent) word. Stap vir stap het hy verduidelik van ‘n onderstam wat nodig is om te begin en ‘n boom te maak. Die stam (loot) is 12cm lank en gedoop in IVA (hormoonpoeier) wat help om wortels te kry.

 

IMG_9316 A

 

Elsa Muller, Tippie Malgas en Monica Geldenhuys.

 

Daarna  word ‘n kepie gemaak op die loot 15cm van dei wortels af. Die ogie van mak kultivar word dan met ‘n spesiale plak strokie toegedraai in die kepie. Dit sorg dat die ogie kallus en moet bly sit vir 21 dae. Die boompie word gemerk met die naam van die mak kultivar en strokie verwyder. As ‘n wit gedeelte wys, is dit vas gekallus. Die loot word bo die ogie afgesny sodat ogie kan groei. Daar word 2-3 ogies geokuleer sodat 2-3 takke kan uitkom en dan word die sterkte een behou en ander afgeknip. Daar is jou boom om te gaan plant.

 

SAPO se kwekery is op Riviersonderend. ‘n plek afgesonder van ander vrugebome waar hul sou siektes of plae opdoen. Daar is genoeg water uit verskeie damme en ook die rivier.

 

‘n aanleg op Montagu en Ceres is ook vir sekere kultivars begin, maar nie alle bome aard daar nie. Daar moet gekyk word na grond, water, temperatuur en klimaat in winter en somer om bome te kweek.

 

Sou jy n vrugteboom in jou huistuin plant, kyk dat die takke nie te dig raak nie en genoeg son deurlaat, kyk uit vir vrugtevlieg en ruspes wat jou huisplante aanval, plant in ‘n 1m x 40cm gat en wortels moet genoeg spasie rondom hê.

 

IMG_9311 IMG_9314

 

Die grootste geskenk van die dag was toe almal teenwoordig al die bome kon huis toe neem om te gaan plant . SAPO baie dankie en dit maak die BOLAND groener, gesonder en lewendiger. Vir meer info kan SAPO by 0218876823/ www.saplant.co.za of info@saplant.co.za gekontak word.

 

Met heerlike soppe poedings sluit ons hierdie Landbouoggend af saam met Monica Geldenhuys en haar portefeulje. Voorwaar ‘n oggend van Vroue Landbou.

  • June Smit August 6, 2014 at 6:38 pm / Reply

    Mooi fotos Juanita. Jy het die proses baie goed beskryf

  • Francois v/d Westhuizen September 11, 2016 at 6:28 am / Reply

    Goeie more. Watter tipe boom word gebruik as basis om ‘n perske tak op te okuleer?

Post a comment

twelve − eleven =