Oja! se soja produkte

 

Oja! se soja produkte

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 09 May 2019

Sirkel: Weskus

Tak:  Langebaan

Studierigting: Leefstyl

Beriggewing:  Cynthia Huysamen

Datum:  8 Mei 2019

 

 

Met die intrapslag by die saal, het die pragtige geel rose dadelik my aandag getrek.  Dié rose was van papier en handgemaak deur ons gasvroue.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Geel Handgemaakte Rose

 

 

 

 

Na afloop van ons algemene vergadering, het Hetta Mans ons voorgestel aan ons energieke gasspreker, Riëtte Strydom.

 

Riëtte woon in Velddrif.  Sy het haar eie spysenieringsmaatskappy en is ook ‘n verteenwoordiger van die sojaboonmaatskappy “Oja!”.

 

Riëtte het vir ons verduidelik hoe sojabone deur ander vervaardigers verwerk word om te verander na tvp – textured vegetable protein – krummels of blokkies soos ons soja oor die algemeen in winkels ken, maar dit is geensins soos daardie produkte nie.

 

 

 

 

 

 

Riëtte Strydom

 

 

 

 

Oja! se sojabone word op ‘n heel ander manier verwerk en dis dié proses wat hul produkte so uniek maak.  Die bone word drooggerooster en ons koop dit so in verseëlde pakke.  By die huis week jy dit vir 20 minute in kookwater (dit swel tot 3keer die grootte), Kook dan in aftreksel van jou keuse tot sag vir 20 minute.  Die gekookte bone kan dan in ‘n verseëlbare plastieksak in yskas gebêre word vir ‘n paar weke en as plaasvervanger vir vleis gebruik word in heerlike geregte soos, bobotie, biefkasserol, breyani, sop en vele ander.  Dit is baie ekonomies, glutenvry, bevat 16% protein en is goed vir beheer van cholesterol.

 

 

 

 

 

 

 

Oja se sojabone

 

Oja! het ook buite die boks gedink met die heerlikste peuselhappies.  Die bone hiervoor word ook gerooster, maar dit gaan deur ‘n baie langer proses wat so 36 ure duur.  Hierdie is die perfekte plaasvervanger vir mense wat allergies is vir neute, want dié spesifieke roosterproses gee die bone ‘n heerlike neutesmaak.

 

Al die bogenoemde inligting en sommer baie wenke is met ons gedeel terwyl Riëtte haar demonstrasies gedoen het. Sy het vir ons gewys hoe om boontjiesop en breyani te maak.  Sy het bobotie en ‘n  baie lekker mexikaanse gereg vir ons gehad om te geniet.  Tussendeur het die dames ook vrae gevra, produkte gekoop en bestellings geplaas.   Besoek gerus hul webtuiste by www.ojafarms.co.za

 

Rouxleen Moran bedank Riëtte Strydom

 

Ons maandelikse kompetisies is weer goed ondersteun en so ook die marktafel.  Die Leefstyl dames se lieflike teetafel het ook gekreun onder die mooiste en lekkerste soet- en soutskons en geen mens het nodig gehad om met ‘n leë kol op die maag huistoe te gaan nie.

 

Dankie aan al die dames van Leefstyl wat vir ons so ‘n lekker vergadering gereël het.

 

Dames van Leefstyl 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment