Oggend van Samesyn op Niekerkshoop

 

Oggend van Samesyn op Niekerkshoop

Posted by VLV in Niekerkshoop Tak 18 Feb 2015

Sirkel:  Griekwaland Wes

Tak:  Niekerkshoop

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Liesel Botha

Datum:  18 Februarie 2015

 

 

Niekerkshoop-tak het ‘n heerlike oggend van samesyn gehad.

 

Die dames moes elkeen ‘n kledingstuk / skoene / handsak bring wat in die kas gebêre word wat nie meer gebruik word. Die rede moes verskaf word waarom dit nie weggegee of herwin word nie. Van die redes was dat die arms van die kledingstuk nie by die grootte daarvan pas m.a.w. die moue is te nou vir die arms en dan is daar ‘n netjiese handsak wat net nie meer ‘reg’ gevoel het.

 

Herwinbare produkte wat gebruik kan word om potplante in te plant is gedemonstreer asook die feit dat ons water wys moet gebruik is weer swaar op die harte gelê van elke dame wat daar was.

 

Minimum lone is bespreek om alle lede die korrekte inlig

 

ting deur te gee om sodoende enige misverstande uit die weg te ruim. Van die lede was onkundig oor die minimum loon en wanneer dit in werking tree.

 

Die feit dat dokters vroeër jare geredelik antibiotika voorgeskryf is is ook bespreek. Die manifestasies van die werking van die derms wat nie meer voldoende is is bespreek. Die feit dat sinus aanvalle erger word, die artritis meer en die meer gebruik van geprosesseerde voedsel maak dat die derms nie hul werking ten volle kan verrig. ‘n Meer holistiese benadering tot gesondheid moet benader word. Antibiotika vernietig alle ensieme in die maag – goed en sleg. Almal moet verantwoordelikheid neem vir hul eie gesondheid.

 

niekerkshoop

 

Leefstyl se saamroeper, me. Corrie van der Merwe, het die dames herinner dat die lede nie ver hoef te gaan soek om ‘n manikuur te kry. Huishoudelike produkte is gebruik om ‘n heerlike handskrop te maak. Die lede het die voorreg gehad om dit self uit te toets met ‘n heerlike skotteltjie water en skrop wat gemaak is uit olyfolie en sout. Almal se hande was weer soos ‘n nuwe sikspens. Van die lede het die raad vergeet en opslag besluit om dit weer te begin gebruik.

 

niekerkshoop1

Post a comment

17 − three =