Oefening hou ons liggaam jonk

 

Oefening hou ons liggaam jonk

Posted by VLV in News, Wellington Tak 23 Mar 2018

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Gesondheid en Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 22 Maart 2018

 

Lynette Viljoen, ‘n fisioterapeut in Wellington, kom stel ons bekend aan spesiale oefeninge en wat dit alles behels.  Pilates en rehabilitasie oefeninge is waarop sy konsentreer.  Soos ons ouer word, word ons spiere pap en lui as ons dit nie oefen of beweeg nie.  “Use it or lose it” is ‘n gesegde wat gebruik word om te beklemtoon hoe belangrik dit is om ons ledemate gereeld te beweeg en te oefen.  Pilatis is vir alle ouderdomme geskik en help om spiere soepel te hou, postuur te verbeter asook pyn te verminder.  Pilates/Rehabilitaise-oefeninge is nie ‘n kitsoplossing nie, maar dit verbeter die fermheid van spiere en sal beslis simptome verlig.

 

               

 

 

Demonstrasie van oefeninge deur lede het bevestig hoe effektief die oefenprogram is. Suksesverhale van rehabilitasie na beserings of operasies word met ons gedeel.

 

Die oggend word afgesluit met wenke om mooi en maklike geskenke self te maak.

 

 

Post a comment

6 + 19 =