Nuwe Sirkelpresident vir NOK

 

Nuwe Sirkelpresident vir NOK

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 15 Mar 2014

Antoinette van Pletzen : Sirkelpresident Noordoos-Kaap

 

Het in Oos-Londen grootgeword en in PE studeer vir Laerskool-onderwyseres. Maar het op die kleine Jamestown al ALLES gedoen: van Kleuterskooltjie, tot Musiek & Kuns by die Laerskool, tot  “Accounting“ en Afrikaans vir die Hoërskool!

 

Is in 1980 getroud met Jannie, ‘n Merino-boer van Jamestown (tussen QT, AN en DDX). Ongelukkig geen kinders nie – behalwe VLV! Het in 1981 by Jamestown VLV-tak aangesluit en was vir 15 jr Sirkelbestuurslid. Het ná 5 jaar se “semi-rus“ verlede jaar weer aanvaar op die Bestuur – en hier is ek nou!

 

Is baie lief vir die meeste soorte musiek, lees, my Taal, enige rekenaarwerk,  blok

raaisels, fotografie, die see en diere. Was baie bly toe Kunste & Handvlyt kompetisie-artikels aangekondig het, want ek is glad nie lief vir naaldwerk, kombuiswerk en tuinwerk nie! Ek is ‘n professionele opgaarder. Is baie betrokke in die gemeenskap, o.a. by die Kerk, Boerevereniging, CMR, plaaslike hospitaal, museum, en is korrespondent vir die plaaslike koerantjies.

Post a comment

19 + 20 =