Nuwe myn volg in voetspore van oue

 

Nuwe myn volg in voetspore van oue

Posted by VLV in News, Prieska Tak 18 Jun 2019

Sirkel Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 13 Junie 2019

 

TEMA: ORION MINERALS LTD PRIESKA ZINC-COPPER PROJECT

 

Die Prieska Zinc-Copper Project is in 1968 begin. 250 ton sink en koper is per maand ontgin. Vir 20 jaar is goeie gehalte sink en koper ontgin. 1 Miljoen ton sink en 430,000 ton koper is van 1971 tot 1991 produseer.

 

Die myn by Copperton in die Prieska-omgewing is nou weer nuut oopgemaak om dieper te ontgin, omdat die grootste vulkaniese sulfiedneerslae (VMS) sedert 36 jaar gelede onlangs deur Orion Minerals naby Prieska ontdek is.

 

Die terrein van die ou myn se infrastruktuur, bv. teerpaaie, krag, beskikbare en genoegsame water, ens., is uitstekend. Die grondstruktuur is ook baie goed en daar gaan gebruik gemaak word van die Long Hole Stoping Mining metode en nie die Pilar Mining metode nie.

 

Die nuwe myn kan dus in die ‘voetspore’ van die ou myn gebou word.

Die bestaande, goed ontwikkelde oppervlak infrastruktuur maak goeie padvervoer per vragmotor na die naaste (40km) spoorlynstasie, Groveputs, moontlik waarvandaan die erts per spoor na Saldanhabaai- of Coega-uitvoerhawe vervoer word. Die erts sal na die Asiatiese lande en Europa uitgevoer word.

 

 

 

Tydens die vergadering is die 5-jaar lidmaatskapkentekens oorhandig.

 

Agter vlnr.: Suretha Kotze, Nadia Muller (Saamroeper Openbare Sake), Anel Liebenberg

Voor vlnr: Erika Lubbe (VLVK-argivaris), Louresa Erasmus, Theresa Swart (Saamroeper Landbou en Tuinbou), Jacobie Botha (Opvoeding en Kultuur).

 

Anel Liebenberg ontvang haar 5-jaar lidmaatskapkenteken van Voorsitter, Corrie Liebenberg.

 

Nadia Muller (Saamroeper Openbare Sake) ontvang haar 5-jaar lidmaatskapkenteken van Voorsitter, Corrie Liebenberg.

 

Leave a Reply