Nuttige wenke

 

Nuttige wenke

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 16 Sep 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  16 September  2014

 

 

vryburg

Carien-Mari Brink en Eurika Byleveld

 

 

Vryburg VLV het nuttige wenke ontvang van Carien-Mari Brink hoe om jou huis te verfraai.  Alles hoef nie geld te kos nie, maak gebruik van wat reeds in jou huis is. Kyk met nuwe oë na ou goed. Moenie bang wees om te waag nie, spring in met die verfkwas.  Besluit op ‘n kleurtema wat deur die huis gebruik kan word. Tafels kan met min mooi gedek word. ‘n Emmer met ‘n mooi lint kan dien as ysemmer. Bind kerse vas met dieselfde lint en herhaal om borde.

 

 

vryburg 3

 

 

vryburg4

 

 

vryburg 2

Rina Jacobs, Eurika Byleveld en Marthie Grobler was verantwoordelik vir die vergadering

 

 

Eurika Byleveld het inligting oor eetbare blomme gedeel wat ook as versiering van geregte gebruik kan word. Angeliere, gesiggies, gousblomme, kappertjies en viooltjies lyk nie net mooi nie, maar kan met smaak geniet word. Roosblare word as versiering en in jellie en konfyt gebruik. Hibiscus en jasmyn word gebruik om geur aan tee te verskaf.

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

12 − 5 =