Nuttige wenke en idees vir die huis

 

Nuttige wenke en idees vir die huis

Posted by VLV in Kraggakamma, News 14 Feb 2018

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 13 Februarie 2018

 

Ons eerste vergadering van die jaar was `n gesellige geleentheid waar die saamroepers iets van hul portefeulje deurgegee het deur demonstrasies of vertelling.

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons word ingelig oor “finger cots”. Dit is `n plastiese omhulsel wat oor `n beseerde vinger of toon getrek word. Dit is`n baie handige item vir jou noodhulpkissie en is  beskikbaar in verskillende groottes.

 

Die First Aid Finger Cots wat oor `n beseerde vinger getrek kan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Om water te bespaar wanneer jy jou hande wil was kan `n plastiese bottel by die wasbak gebruik word. Maak `n klein gaatjie omtrent 3 cm van onder af en steek ` n strooitjie daardeur. Hou die prop op die bottel. Wanneer jy jou hande wil was druk die bottel en `n klein hoeveelheid water loop uit.

 

So kan baie water gespaar word.

 

Om snoepworsies op `n interessante wyse op te dien word die worsie met `n skuins snit deugesny, een worsie word gedraai en dan weer  met `n tandestokkie geheg sodat dit `n hartjievorm het. Dieselfde kan ook met klein langwerpige tamaties gedoen word. Dit is `n goeie idee vir Valentynsdag.

 

`n Ander manier om snoepworsies en –tamaties op te dien.

 

 

Jou vinger gaan nie in die slag bly as jou korrel uit is nie.

 

 

 

 

 

 

Om te verhoed dat jy jou vinger raak slaan wanneer jy `n spyker in die muur wil kap kan `n kam gebruik word. Plaas die kam teen die muur waar die spyker ingeslaan moet word en hou die spyker in posisie deur dit tussen die tande van die kam te sit. Nou kan die spyker veilig ingeslaan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerolde koerantpapier kan gebruik word om `n versiering te maak.  Die velle papier word in stroke gesny en om dit op te rol gebruik `n stokkie met 5mm deursnee en ongeveer 40cm lank. Die hoeveelheid papierrolle hang af van die grootte van die versiering wat gemaak word. Verskillende metodes kan gebruik word om die ontwerp te vorm.

 

 

 

 

 

 

 

Die gerolde papier word om die vorm gevou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die voltooide versiering.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment