Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

Tuinbou-wenke van VLV-tak

Kuruman VLV-tak het op Woensdag 11 November 2020 hul jaarafsluiting by Boa-fé gehou.

Elke lid het ‘n spekboom-steggie ontvang.

Omdat baie van 2020 se VLV-byeenkomste weens COVID-19 gekanseleer moes word, het verskillende studierigting-groepe saamgewerk aan hierdie sprokiesmooi vroeë Kersfees-viering.

 

 

 

 

 

 

Ansie Cilliers.

 

Landbou & Tuinbou Saamroeper, Ansie Cilliers, het die geleentheid geopen deur ‘n stukkie uit Nina Smit se Dagstukkies vir Ouma voor te lees. “As jy ‘n ouma is, glo dit gerus: Jy is ‘n ster. As jou gesin dit nog nie vir jou gesê het nie, druk hierdie boek onder hulle neuse!”

 

 

 

Alta Roets met ‘n voorbeeld van hoe die 2 liter koeldrankbottel gesny moet word.

 

Alta Roets, Saamroeper vir Gesondheid, het ‘n tuinbou- / herwinningswenk gedeel.

Gebruik ‘n 2 liter koeldrankbottel om ‘n 1m x 1m grootte groentetuin nat te maak. Maak ‘n gat in die middel van die 1m x 1m bedding.

Sny die bottel soos op die foto en plaas die boonste gedeelte binne-in die onderste gedeelte van die bottel. Druk dit effens in sodat dit stewig bly.  Sny gate noord, oos, suid en wes onder in die bottel, sowel as langs die kante.

Plaas nou die bottel in die gat in die middel van die bedding. Gooi gryswater, soos skottelgoed- of wasgoedwater in die bottel. Sy sê dié metode maak ‘n bedding baie diep nat.

Die bottel is sigbaar tussen die groente.

As ‘n addisionele wenk, sê sy ‘n buiteband maak ‘n wonderlike groentetuin! Ansie Cilliers spog juis met ‘n paar buiteband groentetuinbeddings.

Ansie Cilliers se buiteband groentetuinbeddings.