NSRI Stasie 31

 

NSRI Stasie 31

Posted by VLV in News, Stilbaai Tak 12 Mar 2014

Sirkel: SWD

Tak: Stilbaai

Portefeulje: Openbare  Sake

Beriggewer: Marie  Cronje

Datum: 11 Maart 2014

 

Die plaaslike VLV-lede, onder leiding van die groep van Openbare Sake, het op 11 Maart hul vergadering by Stasie 31, die basis van Stilbaai NSRI aangebied.

Dit was ‘n besondere ervaring, aangesien die stasie aan die see front en die uitsig uit die vergaderingslokaal baie besonders is. Marie Cronje het die opening waargeneem en ‘n seesonnet van Theo Wassenaar, voorgelees. Rico Menezies, stasiebevelvoerder, het op informele trant met die dames gesels en vertel van hul werksaamhede.

Daar is tans 17 lede. Hy beklemtoon dat dit ‘n vrywillige taak is.  Elkeen van die bemanning het ‘n vaste werk, hul werkgewers het begrip en laat hulle toe om in tye van nood aan diens te gaan.

Die Stilbaai stasie doen nie net seeredding nie, maar is ook behulpsaam met padongelukke en ander noodsituasies. Hulle werk nou saam met die plaaslike geneeshere, SAP en Metro Ambulansdienste.

Die publiek moenie huiwer om hul noodnommer te skakel nie, omdat hulle 24-uur per dag beskikbaar is. Die stasie is besonder goed toegerus en die lede is opgelei vir hul taak. Opknappingskursusse word gereeld gedoen.

Die dames het Menezies gepeper met vrae en op sy rustige en soms humoristiese manier, het hy alle vrae beantwoord.

 

Noodnommer Stilbaai NSRI  082 990 5978

Post a comment

thirteen + 20 =