NRSI besoek VLV

 

NRSI besoek VLV

Posted by VLV in Heidelberg Tak, News 31 Oct 2013

Sirkel: SWD

Tak: Heidelberg

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Driekie Uys

Datum: 31 Oktober 2013

Attie Gunter, ‘crewleader’ van die Witsand NRSI en Leon Pretorius , Rob Wilson, het ‘n baie interessante praatjie  kom lewer in verband met hul vrywillige werk by die NRSI Stasie 33 wat gestasioneer is by Witsand.

Rob Wilson, Leon Pretorius, Attie Gunter en Nellie Venter, gasvrou vir die geleentheid.

 

Die stasie is in Mei 2006 gestig met ‘n boot wat deur Marius Heyneman geskenk is. Die span bestaan uit 16 lede waarvan  daar altyd 4 op die boot sal wees en 7 op die wal gedurende reddings. Die persone wat deel is van bootbemanning oefen elke Dinsdag vir 2 ure (wat baie afgetredenes op Witsand ontstel omdat hul so baie ‘speel’ met die boot in die branders). Soos Attie ons inlig, is daar nie tyd om twee maal te dink met ‘n redding nie en moet elkeen presies weet waar toerusting op die boot is en watter take gedoen moet word. Die inpak van die boot word dus elke week geoefen. Om die see en branders te ken, moet baie geoefen word.

Hulle gaan gemiddeld 110 x per jaar uit waarvan 50% oefening is. Die NRSI is bootverbonde en stabiliseer beseerdes voor ‘n ambulans kom. Hulle is ook gekwalifiseer met Noodhulpvlak 3-kursusse. Hul hou ook gereeld streeksoefeninge saam met die streek wat strek van Plettenbergbaai tot Augulus.

Donasies kan direk aan die Stasies oorhandig word. NRSI het ‘n begroting van R27 miljoen per jaar wat uitsluitlik van donasies afhanklik is. Stasie 33 (Witsand) het al heelwat toekennings gekry vir uitstaande reddings.15 Junie 2011 het hulle in stormweer met ‘n eklips weste-storm en rivier in vloed mense meer as 30 km in die see in van ‘n 44 voet privaatboot gered. Daarvoor is hul vereer met die Silver Galicor Award van NRSI. Die span is Engeland toe gevlieg om ‘n sertifikaat vir hul heldedaad te ontvang. In 2013 is Stasie 33 as die ‘Most Improved Station’ aangewys. Tot op hede het hul 12 mense gered en 168 gehelp.

 

Prysuitdeling  vir afgelope jaar:

Maretha Wessels is Gebak en gebottel –wenner

Hanlie Uys vir Handwerk asook die meeste inskrywings

Nellie Venter vir Naaldwerk.

Maretha Wessels, Hanlie Uys en Nellie Venter (bekerwenners).

Post a comment

17 − twelve =