Normaliseer van Tiener Risiko

 

Normaliseer van Tiener Risiko

Posted by VLV in Velddrif Tak 18 Feb 2015

Sirkel:  Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Suzaan Jacobs

Datum: 18 Februarie 2015

 

veldrif4 (Custom)                                       veldrif1 (Custom)

Februarie was ‘n interessante vergadering, die maand van die liefde is gevier, en Francis het die noodhulp tas gewen met lootjies vir fondse.

 

Al die lede was pragtig in rooi geklee en die tafels was vol vars vrugte.

 

veldrif2 (Custom)

 

Die spreker Rina Brink, ‘n skoolsielkundige, sê sy werk met ongeveer 19 000 – 20 000 leerlinge van staat- sowel as privaat skole. Sy beklemtoon dat  jou bankbalans nie noodwendig jou ouerskap sterk nie en die feit dat jy ‘n kind in die wêreld kan bring, nie van jou ‘n ouer maak nie.

 

Sy gesels oor – “wat is normaal, wat is risiko gedrag, wat is wipplank emosies en wat is ‘n gesin.” Sy beklemtoon dat armoede of ongelykhede nie die verskoning is vir slegte mense nie  Sy sê daar is hoop vir ons kinders, maar sê ook dat daar baie probleme in ons onderwysstelsel is.

 

Sy het vir ouers en grootouers nuwe hoop vir ons kinders gegee.

Leer jou kind veerkragtig wees – leer jou kind om keuses te maak.

As ons dit nie met liefde doen nie, leer die wêreld dit vir hulle sonder liefde. Ouerskap eindig nooit.

 

veldrif (Custom)                                   veldrif3 (Custom)

 

Elna du Toit het afgesluit met “A song of peace”.

 

Post a comment

nineteen − fifteen =