Noordwes Kaap Konferensie

 

Noordwes Kaap Konferensie

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 11 Mar 2015

Sirkel:  Noordwes Kaap

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer : Mieke Bezuidenhout

Datum:  10 en 11 Maart 2015

 

 

Sirkel Noordwes Kaap se konferensie gasvrou tak was hierdie jaar Oranjevallei en die konferensie is by Bezalel Wine & Brandy Estate gehou, so 20 km buite Upington.

 

Die gaste se geskenke was ‘n self gemaakte voorskoot deur die tak lede met ‘n geborduurde VLV wapen op en tweedehandse naaldwerk boeke met oulike “ Reuse” plakkers op . Die decor was Italiaans geïnspireer met rooi en wit “check” tafeldoeke en leë tamatie en uie blikkies waarvan die etikette behoue gebly het met verskillende vars kruie in !! Dus is daar orals bespaar op onnodige kostes maar dit het tog smaakvol gelyk !

 

Die sprekers was oa. Me Erika Lubbe , vorige VLVK President , wat die dames vertel het van die vorige Presidente – almal vroue met visie !! Me Christa Stadler het die konferensie geopen met skriflesing en gebed .

 

Die  sirkel sameroepers het  verskillende bydraes gelewer oor hulle afdelings soos ‘n baie leersame vleis demonstrasie, verduideliking van hoe jy iets kan aflaai van You Tube, bespreking oor die vrou en pornografie  en ‘n baie lekker kunste werkswinkel .

Die dankie sê persoon vir hierdie jaar was sirkel president Me Wilna Nel vir die harde werk in die algemeen en in besonder tydens Kongres 2015 onder baie moeilike omstandighede ( Haar ma is oorlede net voor kongres en in die selfde tyd het sy ‘n knievervanging gehad !!! )

 

noordwes3 (Custom)

Kompetisie beoordelaars voor v.l.n.r Eileen de Beer  en Esta Twyman Agter v.l.n.r. Elize de Jager ( Leefstyl sameroeper ) en Wilna Nel (Sirkel president )

 

noordwes4 (Custom)

Oranjevallei se oudste lid Me Corrie Schrönen ( 89jr !! ) en jongste lid Jean du Randt  bring die vlae in !!

 

noordwes5 (Custom)

Tak met meeste punte Upington , Sunette Louw ( voorsitter ) Joey Neethling en Rina Brink.

 

noordwes6 (Custom)

Tak met 2de meeste punte en gasvrou tak Oranjevallei Elmarie van Niekerk , Louisa Crafford , Jean du Randt en Mieke Bezuidenhout ( Voorsitter )

 

noordwes7 (Custom)

Sirkel bestuur voor v.l.n.r. Retha Compion ( sirkel sekretaris en Gesondheid ) Corrie Liebenberg ( vise president , Kunste en handvlyt  en voorsitter Prieska) Wilna Nel ( Sirkel president ) Mieke Bezuidenhout ( sirkel tesourier en voorsitter Oranjevallei ) Elize de Jager ( Leefstyl ) Sunette Louw ( voorsitter Upington )

Agter Esmé du Toit ( Opvoeding en kultuur en voorsitter Marydale ) Christa Lochner ( Landbou & Tuinbou en voorsitter Augrabies ) Keppies Spangenberg ( voorsitter Kakamas ) en Elmarie van Niekerk ( Hulp Leefstyl )

 

noordwes8 (Custom)

Aandfunksie funksie buite aan Italiaanse tafel.

 

noordwes9 (Custom)

Dankie sê persoon Sirkel president Me Wilna Nel.

 

noordwes10 (Custom)

Demonstrasie Leefstyl – Upington Slaghuis – Daleen Nel

 

noordwes11 (Custom)

Kunste en Handvlyt werkswinkel – voor Me Erika Lubbe baie besig !!!

 

 

 

Post a comment

4 × 2 =