Noordoos-Kaap Konferensie

 

Noordoos-Kaap Konferensie

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 14 Mar 2015

Sirkel:  Noord Oos Kaap
Berrigewer:  Marieka Bekker
Datum:  14 Maart 2015

 

Jamestown is in 1874 gestig op Plessiskraal en is geleȅ op die walle van Skulpspruit, ‘n sytak van die Kraairivier. J.J. Wagenaar was die eienaar en was bekend as James, vandaar die naam Jamestown. Die bekende akteur Arnold Vosloo se ma is van Jamestown.

 

Noordoos-Kaap (Custom)

‘n Kers word by die Konferensie aangesteek deur Jané v/d Walt.

 

50 Vonkelende en borrelende vroue en ‘n handjievol mans het die jaarlikse VLV NOK konferensie op Jamestown gevier. Die landbousaal is ingerig in ‘n prentjie mooi gesig van blomme, kerse, takke en pȇrels. Die Jamestown tak het baie moeite gedoen om die dag van die begin tot die einde vir elke kuiergas spesiaal en onvergeetlik te maak. Die tema vir die dag was ‘vintage’ en elke dagbesoeker het ‘n groot bottel konfyt en ‘n sjokolade as geskenkie ontvang. Die bestuur en afgevaardigdes is met ‘n vetplantjie, slaaisous, gehekelde kruisie en ‘n pragtige VLV geȉnspireerde almanak bederf. Die VLV takke wat verteenwoordig is deur lede van die takke was: Dordrecht – Bertha Rossouw en Laetitita Cotterrell, Jamestown – Cecile Nel en Drienie van Pletzen, Lady Grey – Elize Cloete en Anna du Plessis, Molteno – Liezl Stier en Deona Havenga, Queenstown – Ronell van Zyl en Dalene van Heerden, Sterkstroom – Mary Botha en Marlene Neser, Steynsburg – Winnika Spaargaren en Ugie – Nan Botha en Doreen Jafta.

 

Mnr. Christo Venter het names Agri Oos Kaap ‘n groeteboodskap oorgedra en gesȇ dat vroue organisasies baie belangrik is in boeregemeenskappe en dat dit belangrik is om relatief te bly en mense van jou organisasie bewus te maak.

 

Mnr. Ras van Pletzen is die voorsitter van die Landbouvereniging Jamestown en het genoem hoe belangrik die VLV in hulle gemeenskap is. Hy het die VLV uitgedaag om nie hul identiteit te verloor nie en van krag tot krag te gaan.

 

Die gasspreker was Mnr. Nellis Potgieter wat ‘n aangrypende boodskap vir elke persoon teenwoordig gehad het. Mnr. Potgieter is oorspronklik van Oudtshoorn en Aliwal Noord Hoȅrskool was sy eerste en enigste skoolhoof pos vir 22 jaar. Hy en sy vrou het saam in 2014 afgetree. Mnr. Potgieter se boodskap was dat as jy nie droom nie het jy nie ‘n toekoms het nie. Dit is ook belangrik om te weet dat God ‘n droom en ‘n visie vir elke persoon asook die VLV het. Die woord Immanuel beteken God se droom.

 

Kentekens is tydens die konferensie gegee aan Hilda van der Walt – vise voorsitter van Jamestown vir 45 jaar lidmaatskap, Philna van Pletzen – tesourier van Jamestown vir 35 jaar lidmaatskap en Christell Venter – voorsitter van Jamestown VLV tak vir 35 jaar lidmaatskap. Christell en haar man Christo Venter was ook aangewys as die dankie sȇ persone en dit was die 1ste keer in 45 jaar dat ‘n egpaar as die dankie sȇ persone vereer is. Christell was in die afgelope 22 jaar by nie een vergadering afwesig nie. Lenie Fourie, Sirkel NOK se Land- en Tuinbou saamroeper, het namens die Sirkel ‘n boom aan Jamestown-tak oorhandig.‘n Boom word elke jaar aan die gasvroutak geskenk  om in hulle dorp te plant.

 

Die VLV is ook trots om te noem dat die Mossie Grobler-beurs aan Marisa van Pletzen van Jamestown geskenk is wat ‘n mediese student aan Tukkies is. Baie geluk Marisa!

 

Noordoos-Kaap1 (Custom)

Agter Links na Regs: Irma Davel, Marieka Bekker, Ina Bekker, Lenie Fourie, Voor Links na Regs: Christell Venter, Antoinette van Pletzen en Isabel du Toit

 

Antoinette van Pletzen is weer verkies as Sirkelpresident van die VLV NOK sirkel vir die volgende 3 jaar. Baie geluk Antoinette, ons is trots op jou! Antoinette het met ons meegedeel dat daar 18 sirkels en 189 takke in VLV Kaapland is. Die NOK is in 2015 83 jaar oud en is gestig in 1974, maar kom al van 1932.

 

Mev. Kotie du Preez, ‘n onderwyseres van Burgersdorp het die VLV kom toespreek oor ADHDAttention Deficit Hyperactive Disorder – meer bekend in sy engelse naam. Die praatjie was baie insigewend en Mev. Du Preez het klem daarop gelȇ dat ouers moet besef dat hulle nie iets verkeerds gedoen het nie, maar eerder besef dat dit ‘n siektetoestand is wat veroorsaak word deur ‘n neurochemiese wanbalans in die brein. Ouers van kindes met die siekte moet eerder gesien word as die mense wat die harde werk doen en die sement meng en die stene lȇ.

 

Die jaar se kompetisie-inskrywings was voortreflik mooi en dis met baie wik en weeg dat die top 3 wenners van elke afdeling gekies is. Die VLV dames is verseker geseȅnd met emmers vol talent!

 

Lady Grey het weer die 1ste algehele plek verower vir die tak met die meeste punte. Dordrecht was 2de en Jamestown het 3de geeȉndig. Baie geluk aan elke deelnemer wat ‘n plek gekry het in die kompetise en geluk aan elke tak was so goed gevaar het. Die kompetisies word elke jaar moeiliker en interressanter en dis dus voorwaar ‘n trots en ‘n eer om so goed te doen!

 

VLV NOK se 2016 kompetisie items is reeds bekend gemaak en is die dames uiwerig aan die werk daaraan! Ons hoop om ‘n paar nuwe gesigte by die 84ste Konferense te Dordrecht te sien!

 

Noordoos-Kaap2 (Custom)

Post a comment

five + 16 =