Noord-Karoo Sirkeldag

 

Noord-Karoo Sirkeldag

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 20 May 2011

Sirkel Noord-Karoo bestaan uit 9 takke: Britstown, Colesberg, De Aar, Murraysburg, Orania, Petrusville, Richmond, Victoria-Wes en Vosburg.

18 Mei 2011 was nie net ‘n stemdag nie maar ook ‘n Sirkeldag vir ± 40 lede van 8 van die takke. Sandra Nolte, Sirkelpresident, het die sirkeldag gereël sodat die lede hierdie jaar met baie selfvertroue aan die VLVK- en Sirkelkompetisies kan deelneem.

 

Linzetta Smit, Voorsitter van Douglas tak, is ‘n uiters goed gekwalifiseerde beoordelaar en sy het van Douglas afgekom en elke kompetisieartikel met die dames bespreek. Sy het die dames daarop gewys HOE belangrik dit is dat die aanwysings stiptelik gevolg moet word. Dit help nie jy gaan al die onkoste aan om die materiaal, wat nodig is om die artikel te voltooi, te koop nie en dan volg jy nie die instruksies tot die letter nie want dit diskwalifiseer jou dadelik.

 

Sirkelkompetisies van Sirkel Noord-Karoo die is:


• Materiaalsak: Enige materiaal of tegniek mag gebruik word, solank die oorspronklike patroon as basis gebruik word
• Gebreide teemus versier met gehekelde blommetjies
• Gebottelde Pastaslaai
• A5 Hardebandboek – met lap oorgetrek en versier met hand appliekwerk
• Blommekuns:  collage
• Versierde koffieblik:  750gr blik op enige manier versier
• Versierde plakkies:  Toonplakkies op enige manier versier
• Versierde Winkelsak:  Gekoopte winkelsak op enige manier versier

 

Daar is voorwaar iets vir elkeen om te probeer. Te lekker!!!

 

Net ingeval jy gewonder het: Al die dames het gestem…………..

Sandra Nolte, Sirkelpresident Noord-Karoo.

Post a comment

8 − 8 =