Noodgevalle

 

Noodgevalle

Posted by VLV in Vryburg Tak 19 May 2015

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  19 Mei  2015

 

 

Wat doen jy indien iemand verstik of dalk brandwonde opdoen? Noodgevalle kom dikwels tuis voor en voorkoming is altyd die beste. Marié Botha, matrone van Vryburg Privaat Hospitaal, het Vryburg VLV besoek en waardevolle wenke gegee.

 

 

Marie Rodien - Copy (Custom)

Marié Botha en Rodien van Zyl

 

 

Bly kalm en hou aan praat met die beseerde. Dra altyd handskoene waar bloeding voorkom. Voorkom sonbrand aangesien warm wind en ultra-violetstrale selfs in skaduwee skade aanrig.

 

 

Vergiftiging: Moenie giftige middels in koeldrankbottels bêre nie. Hou buite bereik van kinders. Aktiewe koolstof kan toegedien word om sekere stowwe soos medisyne te absorbeer. Mosterd opgelos in water kan as braakmiddel gebruik word. Skakel die Gifsentrum in Kaapstad by 0219316129 vir inligting en neem die persoon dadelik na die naaste hospitaal.

Indien iets in die oë beland, spoel 20 minute met water.

Snywonde: Plaas drukking op die wond of gebruik ‘n toerniket by dieper wonde en verskuif na ‘n uur of twee. Neem persoon na die naaste kliniek of hospitaal.  Met kleiner wonde kan steri-strips gebruik word.

Verdrinking: Draai persoon op die sy om water te laat uitloop en pas mond-tot-mond asemhaling toe.

Brandwonde:  Met oop vlamme kan persoon in sand of kombers gerol word. Nat lakens, koue water of ‘burn shield’ kan gebruik word. Met elektrisiteit moet krag eers afgesit word, trek prop uit.

Allergieë kan soms toeneem in intensiteit. Hou die nodige medikasie soos antisan of phenergan byderhand.

Met epileptiese aanvalle is dit noodsaaklik om die persoon net gemaklik te laat lê. Draai op die sy.

Koorsstuipe kan met medikasie, waaier of bad met water voorkom word.

Frakture kan gespalk word tot die persoon by mediese hulp kan kom.

Skerpioengif kan deur warm water geneutraliseer word.

Slangbyte: Beperk bewegings en plaas ys op bytplek. Neem waar moontlik die slang saam vir identifikasie.

 

 

Esta Marilese Trudie Rodien - Copy (2) (Custom)

Esta Twigge saam met Marilese Swart, Tudie Kok en Rodien van Zyl was verantwoordelik vir die aanbieding van die vergadering

 

 

Rodien van Zyl, plaaslike fisioterapeut, het die voordele en gebruik van kinesia taping verduidelik.

 

 

Trudie - Copy (Custom)

Trudie Kok het idees verskaf om ou T-hemde op te kikker of ‘n drasak daarvan te maak.

 

 

 

 

Post a comment

eighteen − nine =