NOK Sirkelpresident

 

NOK Sirkelpresident

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 22 Nov 2018

Sirkel: NOK

Beriggewer: A van Pletzen

Datum: 20 November 2018

 

Irma Davel van Molteno is NOK se nuwe Sirkelpresident

 

 

 

Irma is gebore in Theunissen in die Vrystaat en het skoolgegaan by ‘n plaasskool (Port Allan – tussen Bultfontein, Wesselsbron & Welkom), asook in Theunissen self. Sy het verder in musiek studeer aan die Univ. van die Vrystaat, asook by die Universiteit van Pretoria, en is tans besig met haar doktorsgraad in musiek by UOVS.

 

Irma is in 1980 getroud met Dewald Davel, en is tans predikantsvrou van die koue Oos-Kaapse dorpie Molteno. Sy gee ook musiek by die Hoërskool op die buurdorp Burgersdorp Sy & Dewald het 3 talentvolle seuns: Izak Davel – die akteur en sanger wat by Radio en TV betrokke is; Phillip – wat ‘n Balletstudio in Mosselbaai het; en Hattingh –  Musiek- en Kultuurorganiseerder en Koordirigent by Grey Kollege Sekondêr, Bloemfontein. Hattingh vertolk al die afgelope 8 jaar die rol van Jesus by Lady Grey se Passiespel en een jaar het sy broer Phillip glad die rol van die duiwel vertolk! Hattingh se vrou het ook al vir ‘n paar jaar die rol van ‘n ballerina-Heilige Gees vertolk.

 

Irma het in 1980 by die Theunissen-tak aangesluit as VLV-lid en sedertdien in verskeie dorpe en portefeuljes gedien. Vanaf  2008 – 2013 was sy Sirkelpresident van Noordoos-Kaap, en ook vir 3 jaar VLVK se Saamroeper vir Kunste&Handvlyt. Stokperdjies & liefdes sluit in kunste, musiek, lees, en slaap!

 

Irma se visie vir NOK is om wysheid te kry om VLV so aan te bied, dat nuwe lede geïnteresseerd sal raak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment