NOK hou Sirkeldag

 

NOK hou Sirkeldag

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 16 May 2015

Tak:  Sirkel – NOK

Portefeulje:      Kompetisies   2016

Beriggewer:  Antoinette van Pletzen

Datum:  16 Mei  2015

 

 

Sirkel Noordoos-Kaap se VLV-takke het op Saterdag 16 Mei 2015 ‘n baie leersame en gesellige Sirkeldag op Queenstown bygewoon. Die dag is aangebied deur Queenstown se VLV-tak onder leiding van Retha Peens en is deur 50 vroue bygewoon. Die doel v/d dag is om wenke deur te gee vir volgende jaar se VLV-kompetisies met die oorkoepelende tema “Vir myself”, asook belangrike sake rakende die Sirkel.

 

 

DSCN0344

Rose uit eierhouers gemaak!

 

Irma Davel, Kunste & Handvlytsaamroeper vanaf Molteno, het wenke gegee oor Fotografie, Olieverfskildery , ‘n Woordkuns Alleenspraak , en vir Handvlyt ‘n Blomkrans gemaak van eierboks-rose. Haar voorbeelde van “Scrapbooking” (My kinders) was ook baie besonders.

 

 

DSCN0333

 

 

Lenie Fourie, Landbou & Tuinbousaamroeper vanaf Dordrecht, het pragtige voorbeelde van versierde skopgrawe vertoon, wat vir die Herwinning-kompetisie dien. Die plantekompetisie is volgende jaar ‘n Botteltuin (of Terrarium), en daarvoor het sy ook voorbeelde saamgebring.

 

 

Die Leefstylsaamroeper, Christell Venter van Jamestown, kon ongelukkig nie die dag bywoon nie, maar het nota’s beskikbaar gestel vir die Leefstyl-kompetisies.Die NOK-borduurwerk van ‘n artikel in Indiese Kettingsteek se wenke sal later volg.

 

 

DSCN0321

Die aanbieders Lenie Fourie (Landbou) , Irma Davel (Kunste & Handvlyt), Isabel du Toit (Sekr/Tesourier), en Antoinette van Pletzen (Sirkelpresident).

 

 

Sirkelpresident Antoinette van Pletzen van Jamestown, het enkele belangrike punte rakende die Sirkel behandel, asook reëlings vir die groot en belangrike VLVK-Kongres wat DV in Augustus naby Cradock aangebied word.

Post a comment

nineteen − 10 =