Nieuwoudtville fokus op Opvoeding

 

Nieuwoudtville fokus op Opvoeding

Posted by VLV in News 09 Mar 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 8 Maart 2018

 

Opvoeding & Kultuur fokus op opvoeding op die platteland en Afrikaans

 

Nieuwoudtville VLV se Opvoeding & Kultuur portefeulje het op 8 Maart 2018 by die kerksaal ‘n byeenkoms gehou oor opvoeding op die platteland en Afrikaans.

 

Betsie Vollgraaff en haar bekwame span het die vergadering aangebied.

 

Betsie Vollgraaff

 

Nicolette van der Merwe, die spreker word bekend gestel as OPVOEDER VAN FORMAAT!

 

 

Nicolette van der Merwe

 

 

Nicolette vergelyk haarself met die storie van die stadsmuis en die plaasmuis. Sy het ‘n tweeling asook ‘n dogtertjie. Sy lei haar lewe aan kinders en fokus op die positiewe. Die Here kies dat jy op die platteland is so jy moet die beste daarvan maak. Syself woon 120 km vanaf die naaste dorp, maar daar is baie voordele op die platteland. Soms voel sy wel as ma en vrou “onsigbaar” want ‘n argitek is bekend vir die pragtige ou kerke en katedrale in Europa. Die meeste van hierdie geboue het meer as 100 jaar geneem om te bou en die bouer self kon nooit die resultaat sien of ervaar nie. Die bouer se naam is ook onbekend. Maar God sien wat ‘n mamma/vrou doen. En dit moet lekker wees by die huis want mamma is by die huis!

 

Nicolette gee idees want opvoedkundige speelgoed is duur. So byvoorbeeld kan babas onder 18 maande speel met plastiekbakke en probeer om die deksels oop en toe te maak. Kleuters hou baie daarvan om huisie te speel onder ‘n tafel. Of hul kan al die groen prentjies soek in ‘n tydskrif.

 

Soms kan mens jou passie verloor. Maar in Konings het Elisa jong profete geleer. Hul moes dakbalke maak met ‘n byl en toe val die byl in die water. Hul bid toe vir ‘n wonderwerk en toe dryf die byl op die water.

 

 

 

Bemagtiging en opvoeding gaan hand aan hand en om te gee moet jy voel.

Nicolette is by die Elandsvlei plaasskool in die Tankwa Karoo wat 120 km vanaf Calvinia is en 160 km vanaf Ceres in ‘n area met baie lae reënval en swak selfoon opvangs. Daar is 38 kinders vanaf Pre-Primer tot graad 7 met min ouer betrokkenheid en geen hulp van die regering.

Hul het ‘n Tankwa-kinderfonds en verkoop hout en water tydens Afrika Burn, het hul eie groente-tuin en kry fiets skenkings van Pedals for Peace.

 

Marlena Maass hanteer die Kultuur gedeelte van die program:

 

Marlena Maass

 

Sy vra die gehoor wat is die betekenis van: Donkie vasmaak. Dit is vry! Betsie wen ‘n Afrikaanse boek.

Die gehoor moet hul oë toemaak en luister na Marlena se voorlesing van die gedig Winternag deur Eugene Marais. Dit is die heel eerste keer wat Afrikaans as skryftaal gebruik is. Dit is in 1905 gepubliseer in die koerant onder die skuilnaam Klaas Vakie. Eers op 8 Mei 1925 is Afrikaans as amptelike landstaal erken en in 1938 is Nederlands eers uitgeskryf!

Daar is plakate teen die muur oor die belangrikheid van Moedertaal Onderrig.

In die arm en yl bevolkte Namakwaland word leerders in hul moedertaal ondderrig en die voordeel van moedertaal onderrig is dat hul akademies dus beter kan presteer.

Afrikaans is ons taal en deel van ons kultuur en ons moet dit koester.

Marlena vra; as Afrikaans op 8 Mei verjaar, hoe oud is Afrikaans dan? Die antwoord is 93 jaar en Debbie Dudgeon wen ‘n Afrikaanse boek met haar korrekte antwoord.

 

Agt lede het hul 10 jaar kentekens ontvang.

 

Lede ontvang 10 jaar kentekens

 

Lede het deelgeneem aan die volgende kompetisies: foto’s van rotsformasies, blomme in herfskleure, opvoedkundige speelding, boerbeskuit asook heel rypvye. Daar was ook mikrogolf wortel- en beet muffins en stokkielekkers.

 

 

 

Post a comment

seven + five =