‘n Vrolike Affêre

 

‘n Vrolike Affêre

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 12 Oct 2017

Sirkel: SWD

Tak:  Voëlvlei

Beriggewer:  Elize Locke

Fotograaf:  Petro Geldenhuys

Datum:  10 Oktober 2017

 

En so kom VLV Voëlvlei se program vir 2017 tot ‘n einde.  Die dames het op Dinsdag, 10 Oktober bymekaar gekom by Hansie en Grietjie Padstal (net buite Vleesbaai) vir ‘n vrolike gekuier om keurig gedekte tafels.

 

Tafel décor

 

Ada Gericke open met ‘n gebed en lees ‘n stuk getiteld:  “’n Boodskap vir elke vrou voor. ‘n Kort uittreksel daaruit:

“Elke vrou behoort vas te klou aan haar drome.  Want as ons nie aan die onmoontlike glo nie, sal die moontlike ons lewe tog so voorspelbaar maak.

 

Elke vrou moet trots wees op haar ouderdom.  Dis die myle en nie die jare wat tel.  Elke vrou moet besef haar adres, haar man se status en haar kind se prestasies weerspieël niks van haar eie verdienstelikheid as mens nie.  Elke vrou moet kan sê: “Bogger dit.”  En elke vrou sal wanneer sy op ‘n donker aand haar kop hemelwaarts draai, ‘n boodskap tussen die sterre lees wat nét vir haar geskryf is.”                             Anoniem

 

Ada Gericke

 

Agt lede wat getrou elke vergadering gedurende 2017 bygewoon het, word beloon met ‘n lepeltjie, en bedank vir hul lojaliteit en toegewyding teenoor die VLV.

 

Vlnr:  Ada Gericke, Rika de Villiers, Marie van Rensburg, Joma Meyer, Rena Gibbons, Elize Piernaar, Betsie Muller en Dania van der Walt

 

Ada Gericke word beloon vir haar kreatiwiteit en entoesiastiese deelname aan die verskillende kompetisies gedurende die jaar en verower 1ste plek daarvoor. Anna Marie van der Merwe was tweede en Mien Naude derde.

 

Vlnr:  Mien Naude, Annamarie van der Merwe, Ada Gericke

 

 

 

 

 

Johlene Muller dra ‘n spesiale boodskap oor aan Tannie Joan Muller wat binnekort haar 90ste verjaarsdag vier en reeds 57 jaar lid van die Vroue-Landbouvereniging is! Tannie Joan word vergelyk met die vrou in Spreuke 31 wat knap was en baie meer werd is as edelstene.  Haar man steun op haar en sy is gerus oor haar kinders, Haar hande staan vir niks verkeerd.  Tannie Joan is opgelei as verpleegster en begin haar loopbaan in Kaapstad.  Sy is toe getroud met ‘n wewenaar met ‘n baba dogtertjie en so beland sy op ‘n plaas in die Vleesbaai omgewing.  Sy word huisvrou, ma en later ouma. Sy sluit in 1960 by VLV Voëlvlei aan en in haar sewentigs leer sy laslapbrei by ‘n VLV werkswinkel en brei daarna vir elk van haar kinders en kleinkinders ‘n kombers.  Toe sy daarmee klaar is besluit sy om vir elkeen ‘n kwilt te maak.  Als met die hand!  Tannie Joan, ons salueer jou vir al jou liefde, geduld, hulp en kennis!

 

Tannie Joan Muller

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Uiteindelik breek die tyd aan om uit te vind wie jou Geheime Vriendin was wat jou deur die jaar bederf het met lekkernye, blomme, tydskrifte, ens, ens.  Dit is verseker een van die hoogtepunte van die dag.

 

Yvonne Meyer bedank elke bestuurslid persoonlik asook die lede vir hul samewerking en toegewydheid.

 

Kuiertyd – dames om die tafel

 

 

 

 

 

Post a comment

3 × four =