‘n Truitjie teen die koue

 

‘n Truitjie teen die koue

Posted by VLV in Hercula Tak, News 01 Aug 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Hercula

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Petro Human

Datum: 31 Julie 2019

 

Hercula besoek  Langbos informele nedersetting

 

Op 31 Julie 2019 het Petro Human (Openbare Sake Sameroeper), haar suster, Wilma Human (ook ñ Hercula lid, en  twee dames van ñ breigroep, Colleen en Pat, Langbos besoek.

Langbos is ‘n Informele nedersetting buite Addo, waar die Intsikelelo Care Centre geleë is.  Intsikelelo beteken blessing in Xhosa. Dit bestaaan onder andere uit ‘n Creche waar tans 50 kinders onder 5 jaar oud versorg word. Die dames van die breigroep het truitjies en beanies gebrei en aan hierdie 50 kinders gegee.

Magda van Rooyen en Riana Mattheus, beide ook Hercula lede, het 60 pakkies koekies geskenk.

 

  Die dames help die kleintjies om die nuwe truie aan te trek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hy spog lekker met sy nuwe trui en beanie

 

 

 

 

 

 

Almal was baie dankbaar vir die nuwe truie

 

Die kindertjies kuier lekker saam met die Granny

 

Die groente tuin en die nuwe geboue op die perseel.

Post a comment