‘n Plaaskuier

 

‘n Plaaskuier

Posted by VLV in Jamestown Tak, News 12 Jun 2014

Sirkel: NOK

Tak: Jamestown
Studierigting: Landbou/Gesondheid/Kunste & Handvlyt
Aanbieders: Gerrie Upton & Lucia Lieberum
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 11 Junie  2014

Lede het op die plaas van Hendrik & Gerrie Upton bymekaar gekom, en die ysige koue het geen verskil gemaak aan Jamestown se VLV-lede se entoesiasme nie! Ná almal flink oefeninge gedoen het op maat van Boney M se musiek, is daar warm en soet verversings geniet.

Elkeen het ‘n lys handige wenke ontvang, asook ‘n stres-sakkie met die vlg. inhoud:
• ‘n Botteltjie (om my te herinner dat God al my trane opvang – Ps. 56:9);
• ‘n Uitveër ( om te onthou dat Jesus my verlede uitwis – Jes. 1:18);
• ‘n Snesie (om my te herinner om iemand anders se trane m.b.v. ‘n drukkie/woord/briefie af te droog – 2 Kor.1:14);
• ‘n Wit klippie (om my te herinner God is my Rots – Ps.13:8);
• ‘n Spyker (om my te herinner dat Jesus ook erg gestres het voor Sy kruisdood – Joh.20:25);
• ‘n Duimspyker (om my te help onthou om nie op my probleme te sit en broei nie – Luk.12:23);
• ‘n Kersie ( om my te help onthou om my liggie helder te laat skyn – Matt.5:16);
• ‘n Prentjie van ‘n laggende gesiggie ( om my te herinner om gereeld te lag – Spr.15:13);
• ‘n Edelsteen (om te onthou ‘n knap vrou is baie meer werd as edelstene – Spr.31:10).

 

Gerrie Upton het gewys hoe sementteëls gemaak word, wat haar seun en skoondogter bemark.  Hendrik jnr van Bethulie maak en verkoop ook hekke en skaaptralies – wat buite in die sonnetjie uitgestal is. Daar is toe ook sommer ‘n opwindende skattejag tussen die tuinplante gehou en Lucia het meer inligting gegee oor die Uptons se Emoe wat langs die draad geparadeer het. Emoes is vriendelike diere wat blouerige eiers lê. Hulle word vir troeteldiere aangehou, of geslag vir die vet wat ryk aan omega 3-olie is.

 

Daarna was daar ‘n demonstrasie van die maak van kleiteëls en glasteëls wat vir mosaïek gebruik kan word. Lede kon ook elkeen iets skep om te bak en huis toe te vat.  Ten slotte is almal trakteer op ‘n braaivleis .

Gerrie & Hendrik Upton, en Lucia Lieberum.

Gerrie & Hendrik Upton, en Lucia Lieberum.

Gerrie Upton (middel) vertel van die teëls, wat in die agtergrond op die tafel sigbaar is. Links is  Drinie van Pletzen en regs Christell Venter.

Gerrie Upton (middel) vertel van die teëls, wat in die agtergrond op die tafel sigbaar is. Links is Drinie van Pletzen en regs Christell Venter.

Die Emoe.

Die Emoe.

Lede kuier óm die etenstafel! Van links: Kintie Liebenberg, Cecile Nel, Hilda v/d Walt, Marlene Lategan.

Lede kuier óm die etenstafel! Van links: Kintie Liebenberg, Cecile Nel, Hilda v/d Walt, Marlene Lategan.

Post a comment

fourteen − 13 =