‘n Lewe met ……… depressie

 

‘n Lewe met ……… depressie

Posted by VLV in News, Petrusville Tak 19 Mar 2014

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Petrusville

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Alta Waldeck

Datum: 18 Maart 2014

 

 Spreker: Jackie Rossouw, wie se seun self aan bipolêre depressie ly.

 

Depressie het baie gesigte.  Bipolêre depressie is ‘n gemoedsversteuring.  Lyers het ekstreme gemoedskommelinge:  een oomblik is hul op “cloud nine,” hiperaktief en kan nie hul impulse beheer nie. Volgende oomblik is hulle in die diepste gat waar alles donker is.  Hulle slaap te min of te veel, is moedeloos en kan nie konsentreer nie.  Eetlus is swak.  Dis ‘n fisiese breinsiekte, soos ‘n radio wat van die stasie af is.  Daar is ‘n chemiese wanbalans in die brein.  Kan geneties wees.  Is behandelbaar.  Medikasie beheer chemiese balans in die brein en neem die abnormale hoogtes en laagtes weg sodat hulle normaal funksioneer.  Churchill noem dit “the big black dog.”

 

Depressie is wanneer mens nie lus is om op te staan nie.  Lyers is bedruk, swartgallig, moedeloos, geen dryfkrag, skuldgevoelens met gebrek aan visie. Kan selfs selfmoordgedagtes hê.  Oorsaak is dat die brein nie chemiese stowwe in die brein vervaardig sodat daar sinvolle verbindings gevorm word nie. Medikasie herstel ook die chemiese balans. Depressie is nie ‘n “kopding” nie – dis ‘n siekte. “You’re not bad, not mad, just very, very sad…”

 

LNR Tilla de Jager (sameroeper) en Jackie Rossouw (spreker).

 

Daarna vertoon die sameroeper, Tilla de Jager, ‘n kort DVD van Nick Vujicic wat sonder arms en bene gebore is en vandag ‘n uitstekende motiveringspreker is.

Post a comment

6 + twelve =