‘n Kykie in die lewe van ‘n dowe persoon.

 

‘n Kykie in die lewe van ‘n dowe persoon.

Posted by VLV in Malmesbury Tak, News 10 May 2018

Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Gesondheid

Beriggewers: Miwette Basson & Mia Louw

Datum: 09 Mei 2018

 

Ananda v d Walt, Gebaretaaltolk van professie, is ń persoon wat diep spore in die “Dowe kultuur” gemaak het.

Ananda het ‘n Honneursgraad in Linguistiek en gee opleiding in SASL tolking (“South African sign language “) vir Deaf SA en is ook raadslid vir SAVI (Suid-Afrikaanse Vertalers Instituut) waar sy as tolk geakkrediteer is.  Daar is tans slegs 10 geakkrediteerde tolke in Suid-Afrika, wat die lewe van ‘n dowe persoon ‘n groot uitdaging maak ten opsigte van opleiding en ‘n loopbaan en so word baie dowe mense van Universiteitsopleiding “beroof”.

 

Ananda en haar man, ‘n predikant in die Paarl, is betrokke by ‘n gebaretaal- bybelvertalingsprojek, bekend as SASLBTP. Hul hoop om reeds Juliemaand die eerste uitgawe vry te stel.  Sy was ook lank ‘n tolk vir dowe Universiteits-studente en ‘n dosent in Dowe Kultuur en Geskiedenis.

 

Ananda gee ons Malmesbury VLV tak, ‘n kykie in die lewe van ‘n dowe persoon, wat nie as ‘n “gehoorgestremde” persoon bekend wil staan nie, want dowe mense is nie gestremd nie, slegs doof! Sy deel ook dat gebaretaal hierdie mense se eerste taal is en dat hul steeds woeker om dit as een van ons amptelike landstale te herken, wat baie deure vir die Dowe kultuur sal oopmaak.

 

Na afloop van ‘n diep verrykende oggend is die vraag op almal se lippe… “Wat kan ék doen?” “Hoe kan ek help?” Gaan lees gerus Ananda se blog www.deafheart.blogspot.com en leer meer oor die kleurvolle lewe van Dowe mense wat ‘n stil Dowe lewe lei.

 

CHANTAL LENG van The Haven Night Shelter:

The Haven Night Shelter help om mense weer op hulle voete te kry, met berading, rehabilitasie en met programme vir verskillende toestande.

 

Die doel is om kliënte te help om werk te kry, op hul eie voete te staan en weer by hul families aan te sluit. Hulle kry te doen met mense wat verslaaf is aan dwelms en drank, mense wat siek is bv kanker, vigs/hiv en TB het. The Haven help al hierdie mense om by die regte hulp uit te kom.

 

Vir R12 per dag kry kliënte hulp en toegang tot ‘n rekenaar om hulle CV op te stel, ‘n kospakkie vir die eerste maand wat hulle werk, toiletware, klerewas fasiliteite, stort fasiliteit, skoon beddegoed en ‘n bed. Hulle kan ‘n maksimum van 3 maande by die skuiling bly. Saam met hierdie voordele is daar ook reëls en sekere pligte wat van inwoners verwag word.

 

Die doel van alles is om die mense wat hulle help se menswaardigheid terug te bring, daarom wil hulle nie dat die mense uit gebreekte / gekraakte borde eet en op gevlekte/stukkende beddegoed slaap nie. Natuurlik is dit altyd 2de handse goed, maar dit moet darem aanvaarbaar wees, anders gooi hulle dit buitendien dadelik weg.

 

Dis uiters belangrik om te besef, mense wil nie self goed weggooi nie, dan neem hulle dit na so ‘n instansie, maar dis eintlik nie meer bruikbaar nie. Ons moet kyk na dit wat ons aan kerke en ander instansies skenk, dat dit tog vir hulle van waarde is.

www.haven.org.za

 

 

Van links na regs: Ananda van der Walt, gebaretaaltolk, Miwette Basson VLV Malmesbury, Chantel Leng van The Haven Night Shelter en Mia Louw Voorsitter Malmesbury VLV.

 

Post a comment

2 + 2 =