‘n Heerlike kuier langs die rivier!

 

‘n Heerlike kuier langs die rivier!

Posted by VLV in Douglas Tak, News 12 Mar 2014

Sirkel: Kimberley en distrik

Tak: Douglas

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer en fotograaf: Hanneke Botha

Datum: 11 Maart 2013

 

Anita McGaw praat oor kleur in die tuin. Reuke van blomme speel ‘n belangrike rol oor hoe jy oor die blom voel. Plante het hul eie “taal”, naamlik reuk, gevoel, sig, aanraking en gehoor. Jou tuin het dikwels ‘n invloed op alles wat  jy doen. Die kleure spoel oor na kleremodes en huisdekor. Daar is verskillende tipes tuine: kruie-, reuk, en “country” tuine. Anita vertel ons meer oor die name van rose en vertoon kleurborde. Sy vertel ook dat die name van rose dikwels geïnspireer word deur  bekende persone, bv. Mozart, Gé Korsten en Maria Callas.

Die kleur en reuk van ‘n blom wek sekere emosies op.

Anita McGaw inspireer die dames met haar kennis van blomme.

Marie Jacobs wys ons hoe maklik dit is om blomme van steggies te kweek, om steggies te plant en ook hoe om vlapoeier te gebruik i.p.v hormoonpoeier

Sarel Venter gee ‘n demonstrasie oor hoe om daglelies te verdeel, en hy deel ‘n paar interessante brokkies oor lelies mee.

Sarel Venter verdeel daglelies.

Post a comment

two × four =