‘n Hart wat omgee

 

‘n Hart wat omgee

Posted by VLV in Kraggakamma, News 15 Feb 2017

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Margaret Van Der Mescht

Datum: 14 Februarie 2017

 

Met ons tema “`n Hart wat omgee” is dit heel gepas dat Frans Goosen vertel van Geopende Deure se betrokkenheid in Sirië en Irak. Sy praatjie het gefokus op die swaarkry van die mense in daardie lande.

 

Sirië is sedert 2011 gewikkel in `n burgeroorlog wat groot verwoesting gesaai het en die lewe van die hele bevolking sowel as Christene negatief beïnvloed.

 

Tot op datum het ongeveer 4,8 miljoen mense uit die land gevlug en `n verdere 6,5 miljoen mense binne Sirië haweloos gelaat.  Meer as die helfte van die Christelike bevolking het sedert die begin van die oorlog die land verlaat. Baie antieke stede is reeds vernietig.

 

Die Islamitiese Staat beweging is die grootste gevaar in Irak. Sewentig persent van alle Christene het sedert die 1990’s die land verlaat.

 

Die meeste Christene wat nog in die land is, is haweloos en bly in vlugtelingkampe wat uit tente bestaan.  Hulle is totaal en al afhanklik van ander om hulle te help en het presies dieselfde behoeftes as ons. Die oorlog het `n groot impak op kinders. Hulle leef in konstante vrees en dit laat hulle met emosionele letsels.

 

Geopende Deure voorsien tans in meer as 24 000 gesinne se behoeftes.

 

Ons word gevra om te bid vir vrede en stabiliteit in hierdie lande.

 

 

 

 

Laurena Honiball, vise voorsitter en Frans Goosen.

 

Die tema, `n hart wat omgee.

 

 

Post a comment

12 − twelve =