‘n Brein wat ouer word

 

‘n Brein wat ouer word

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak 12 Mar 2015

Sirkel:  Worcester

Tak:   Maria Stofberg

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Alta Britz

Datum: 12 Maart 2015

 

vlv gesondheid Maart 006 (Custom)

Engelie Brand en Nellie Crafford, sameroeper van Gesondheid.

 

Engelie Brand, ‘n Kliniese Sielkundige, het gepraat oor “Wat gebeur met ‘n persoon se brein as jy ouer word”. Sy vergelyk die brein met ‘n blomkool. Die brein het die vorm van die blomkool en ook as jy ‘n blomkool deursny, lyk dit soos die brein.

 

Dit is bewys dat ‘n mens se brein, net soos enige orgaan, stelselmatig anders sal begin funksioneer soos wat jou liggaam verouder. Dit kan o.a.    tot gevolg hê dat jy dalk nie meer in staat is om na jouself om te sien nie. ‘n  Mens kan maklik angstig en pessimisties voel as jy daaraan dink, en veral wanneer jy sien hoe die mense rondom jou ‘n  brein siekte soos demensie ontwikkel. Daarom is dit juis nodig dat n mens jou perspektief hieroor behou . As jy jou  kennis hieroor verbreed en vooruit beplan,  maak jy dit nie net vir jou naasbestaandes makliker nie, maar verseker jy dat jou lewe en nalatenskap steeds sinvol is.

 

Soms praat ons so tong in die kies van ouer mense se vergeetagtigheid. Dit is egter ook nie bewys dat almal bo 65 se geheue in totaal geaffekteer sal word deur ouderdom of breinsiektes wat gepaard gaan met ouderdom nie. Alhoewel sommige siektes sekere aspekte van die geheue drasties affekteer, is daar ander dele van jou geheue en brein wat steeds in geheel  goed kan funksioneer. Alhoewel daar nie tans medikasie is wat die siektes genees nie, is daar gelukkig goeie medikasie wat sommige van die simptome kan verlig.

 

Sy het die dames daaraan herinner dat mediese aspekte soos bloeddruk en bloedsuiker ook baie belangrik is om beroertes te voorkom. Net so belangrik is dit om sinvol te leef en sosiaal aktief te bly – so nie gee jy voortydig jou brein die boodskap dat dit nou tyd is om af te sluit. Depressie en stres beinvloed ook ‘n mens se denkvermoë, soms soveel dat dit mag voorkom  asof n persoon n ligte graad van demensie kan hê.

Sy het die dames van die VLV geluk gewens met hulle merkbare aktiewe ingesteldheid tot die lewe en hulle positiewe benadering tot die probleem van veroudering.  So bly n mens beslis langer jonk!

 

vlv gesondheid Maart 007 (Custom)

Johanna van Wyk, ‘n lid van die tak, het as Tant Gesie van die Knersvlakte, op ‘n humoristiese manier, boererate oor gesondheid gegee.

 

 

vlv gesondheid Maart 003 (Custom)

Tuisteskepping kompetisie – Gedroogte vye vormkoekies.

 

 

vlv gesondheid Maart 001 (Custom)

Landbou kompetisie: Tuintjie in ‘n skoen

Post a comment

ten − 10 =