Hercula hou inligtingsaand

 

Hercula hou inligtingsaand

Posted by VLV in Hercula Tak, News 18 Jan 2017

 

Sirkel: Middelland

Tak: Hercula

Beriggewer: M Erasmus

Datum: 17 Januarie 2017

 

Soos gebruiklik tydens die eerste vergadering van die jaar kry elke Sameroeper die geleentheid om iets oor haar portefeulje te sê.

 

Saamroepers van Opvoeding, Gesondheid en Openbare Sake het aan die lede verduidelik wat alles onder hul portefeuljes val. Petro Human, Openbare Sake, vertel ook van haar betrokkenheid by die Colchester Swop Shop, waar kinders van die omgewing die plastiek bottels wat hulle optel, kan verruil vir kruideniers- en toiletware.

 

Retha Lane, Landbou, deel die inhoud van ‘n artikel wat sy gelees het oor honde wat verstaan wat ons sê. Navorsing deur ‘n dokter in Hongarye het bewys dat honde woorde en intonasie verstaan en dat hulle dieselfde deel van hul brein gebruik as mense om taal te verstaan. Die honde het skanderings ondergaan om te bepaal hoe hulle spraak verwerk. Tydens die skanderings is hulle ore bedek en hul base kon by hulle sit. Honde kan ook twee woorde saam kombineer en dit interpreteer. Al die lede kry ook ‘n afskrif van die artikel.

 

 

 

 

 

Annette van Eeden, Leefstyl, het vir haar ‘n rolling knife gekoop en demonstreer hoe groente daarmee gesny, gesnipper en gekap kan word. Die mes het ‘n ronde lem wat verwyder kan word wanneer dit skoongemaak moet word. Die lem is baie skerp en het sommer maklik deur die groente gegly wat sy gebruik het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marlene Erasmus, Kunste en Handvlyt, het gewys hoe om ‘n ster te maak. Geskenksakkies word opmekaar geplak, die punte word skerp gesny en as jy die oopvou, het jy ‘n pragtige ster.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maria Slack is nou reeds 20 jaar ‘n meelewende en aktiewe VLV-lid en Marlene het vir haar ‘n 20jr diensknopie aangesteek.

 

 

 

 

 

 

 

 

Inskrywings vir die kompetisies – papier quilling

Be adaptable, flexible and never stop learning. The rate of change will never stop and neither should you.  Brian Regan

 

 

Post a comment

18 + 12 =