‘n Appel ‘n dag…

 

‘n Appel ‘n dag…

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 15 Feb 2017

 

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  14 Februarie 2017

 

 

Carma Venter, ‘n plaaslike apteker, het die tak toegespreek oor die oordeelkundige gebruik van medikasie. Gebruik medisyne soos voorgeskryf en moenie dosisse oorskry nie. Pasiënte wil onmiddellike reaksie sien en is nie bereid om die natuur kans te gee om sy gang te gaan nie. Tog het Hippokrates, die vader van geneeskunde, gesê: “Let food be thy medicine and medicine be thy food.” Kos bepaal 70% van die mens se gesondheid. Eet baie meer vrugte en groente en minder vleis.

 

 

Gebruik aanvullings soos ubiquinone (ook bekend as Q10) om breinaktiwiteite te bevorder, magnesium vir krampe, vitamien D vir moegheid en lysine vir koorsblare. Dit is belangrik om die vel daagliks bloot te stel aan sonlig, net nie gedurende die warmste tyd van die dag nie. Olyf- of kokosolie kan daagliks geneem word vir ‘n droë vel of pynlike gewrigte. Dit neem die lewer 5 jaar om te herstel en bene tot 10 jaar. Oefen die brein deur aktief te bly.

 

 

Entstof teen hondsdolheid is tans by die apteek beskikbaar weens die voorkkoms van die siekte in die omgewing.

 

 

Die tak sien uit na Corli Botha, die wenner van Koekedoor, se opwindende demonstrasie op 25 Maart.  Lede van die publiek kan die sprankelende dame  ontmoet en meer te wete te kom van haar kulkunsies in die kombuis.

 

Daline Geere, Gezina Bruwer en haar dogter Carma Venter

 

Arine Bosch 10 jaar, Carien-Mari Brink 10 jaar, Ora Jordaan 20 jaar en Daline Geere 30 jaar het hul lidmaatskaptoekennings by die geleentheid ontvang

 

 Esta en Charlotte besigtig die uitstalling van Sticky Fudge kinderklere

Post a comment

eight − one =