Musiekterapie by kinders

 

Musiekterapie by kinders

Posted by VLV in News, Orania Tak 31 Oct 2013

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Orania

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Melanie Smith

Datum: 31 Oktober 2013

 

Vir dekades word musiek al as ’n medium vir terapie erken. Die redes wat hiervoor aangevoer word, is dat musiek beskik oor die vermoë om mense te inspireer, te motiveer, te integreer en om ontspanning te bevorder. Musiekterapie is ’n relatiewe nuwe begrip waartydens musiek en sielkunde gekombineer word.

 

Die doel van musiekterapie by kinders is om hulle voor te berei op latere musiekonderrig asook liefde vir musiek.  Lesse duur gewoonlik ‘n halfuur en elke liedjie en aktiwiteit word gekies met ‘n spesifieke doel ingedagte.  Musiek help met emosionele ontwikkeling en dit is ‘n veilige kreatiewe uitlaatklep vir energie en emosies.

 

Albei kante van die brein word gestimuleer, logies sowel as kreatief.  Ruimtelike denke, taalvaardighede, geheue, wiskundige vermoë en IK word ontwikkel.  Agtergrond klanke luister, help met die ouditiewe ontwikkeling wat konsentrasievermoë insluit.

 

As jy sowat 30 minute per dag musiek luister, word die streshormoon, kortisol, verlaag.  Musiekterapie word ook suksesvol by kankerpasiënte gebruik vir pynverligting.  Mozart word aanbeveel vir estetiese, kreatiewe, emosionele en sosiale ontwikkeling.

Post a comment

15 − 11 =