Musiek uit die boonste Rakke

 

Musiek uit die boonste Rakke

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 30 May 2018

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 29 Mei 2018

 

 

Twee plaaslike musikante wat in dié dorp geen bekendstelling nodig het nie, nl.  Johan Engelbrecht – violis, en Annette Strydom – pianiste, het hul talente met die dames van VLV Voëlvlei gedeel.  Hul het musiekstukke soos ‘Concertino” van Hans Millies en ‘Remember When’ van Pam Wedgewood uitgevoer.  Na luide applous en ‘n geroep na ‘n encore, speel hul die immer gewilde ‘Jantjie’ en daarna sing almal saam “Al lê die Berge nog so Blou”.

 

 Johan en Annette

 

Renè Zaayman vertel van die 36 ste goue medalje wat Suid-Afrika tydens die Chelsea blommeskou verower het.  En om te wys dat ons dames nie vir die “Royals” hoef terug te staan nie, kom al die dames opgetof met kopbedekkings wat diep onder uit die linnekiste gegrawe moes word.

 

Freda Menderoi

 

 Sandra Nolte, Johlene Muller en Linzetta Smit

 

Mien Naude vertel van Susanna Wesley, Moeder van John Wesley, stigter van die Methodiste kerk.  Die formidabele dame het geboorte geskenk aan 19 kinders. Sy gee sinvolle wenke oor hoe ons kinders moet grootmaak, wat vandag nog van toepassing is.

 

Johlene Muller deel veiligheidswenke oor Selfoon Bankdienste.

 

Post a comment

seventeen − 15 =