Museum oppie Plaas

 

Museum oppie Plaas

Posted by VLV in Graafwater Tak 03 Feb 2015

Tak:  Graafwater

Sirkel:  Weskus

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Hanli van Zyl

Datum:  3 Februarie 2015

 

 

Op Dinsdag 03 Februarie het die VLV dames van Graafwater die Plaas Klipfontein  in die Graafwater streek besoek.  Na die gepaste opening deur Ronel de Jongh is lief en leed gedeel, ‘n gelukkige trekking gedoen en vriendskapsmunte versamel.  Ronel de Jongh het met die dames gedeel hoe om ‘n dood van vriende of kennisse te hanteer en hoe om op te tree om deernis te bewys.  Daar is toe raad uitgedeel  hoe om gevaar by die woonplek en  Alzheimers in die familie te hanteer asook om baie te lag.  Lagterapie verseker dat die “voel goed” hormone afgeskei word wat stress help verlig.  Daarna die hoogte punt van die besoek….  ‘n besoek aan die plaas museum

 

Mev Ronel de Jongh verduidelik stap vir stap die nalatenskap van die voorouers en die klippe wat as werktuie gebruik is trek veral baie aandag.  Ou porselein, tydskrifte, dames onderklere ens is vertoon en die dames vind dit baie leersaam en interessant.

 

Na bespreking oor die kongres, konferensie, jaarprogram, finansies, skermete en  meer word daar afskeid geneem van Mevrou Marna Lambrecht, wat verhuis en dus die amp van voorsitter neergelê het.  Die middag is afgesluit met heerlike koue vrugte en die dames voel verryk deur die “onthou”  van  die goeie ou dae!

 

 

graafwater

Post a comment

eighteen − 3 =