Murraysburg -VLV opgeskerp om te DINK en te BELEEF!

 

Murraysburg -VLV opgeskerp om te DINK en te BELEEF!

Posted by VLV in Murraysburg Tak, News 18 Aug 2016

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Murraysburg

Beriggewer: Lina van den Berg

Datum: 17 Augustus 2016

 

Die Augustusvergadering van Murraysburg-VLV was weereens propvol wyshede, interessante inligting en wenke om kreatief te wees.

 

Met die vraag;“Is jy ook altyd (té) besig?”, was die tema vir die dag vanaf die opening deur die Voorsitter, Renée Swanepoel, reeds duidelik.  Hannelize van Heerden het in haar gelukwense aan die verjaarsdagdames ook aangehaal uit Nataniël se wyse woorde…..”maak tyd om stil te staan en te belééf”!

 

Verslag word kortliks oor die afgelope VLVK-kongres in Port Elizabeth,  met die tema “Aanpasbare Vroue”, deur Theresa Troskie gelewer.   Interessante onderwerpe deur kundige sprekers was aan die orde van die dag.

 

Die res van die middag se program fokus op goeie tydsbestuur, aanpasbaarheid,  kreatief besig wees en die belangrikheid van optimale gesondheid.

 

OPENBARE  SAKE:

Sameroeper vir Openbare Sake, Lina van den Berg,  beklemtoon die noodsaaklikheid van `n “digitale detoks” op gereelde tye.  Dit help,  onder andere,  met goeie tydsbestuur en gesonde menseverhoudings.

KUNSTE & HANDVLYT  en  LEEFSTYL:

Theresa Troskie het wenke gegee vir die versiering van blikke met decoupage  d.m.v. die modge podge-tegniek,  en Johanna van der Merwe,  Leefstylsaamroeper,  demonstreer die maak van ‘n handsak uit metaal koeldrank/bierblikkies.  Hierdeur word kreatiwiteit én herwinning sommer met een aktiwiteit vasgevang!

GESONDHEID:

Susanna van der Merwe, Saamroeper vir Gesondheid, het die dames aangemoedig om seker te maak dat die vlak van Vit D in jou liggaam, voldoende is.  Tekorte gee aanleiding tot verskeie gesondheidsprobleme.  Voldoende Vit D vra so min as ‘n daaglikse porsie veilige sonblootstelling.  As bonus vir jou, is dit siektevoorkomend en breinversterkend!

 

f1

Medewerkers aan die program:  Susanna van der Merwe, Lina van den Berg, Renée Swanepoel, Hannelize van Heerden, Johanna van der Merwe, Theresa Troskie

Post a comment

three × four =