Murraysburg sluit af

 

Murraysburg sluit af

Posted by VLV in Murraysburg Tak 19 Nov 2014

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Murraysburg

Portefeulje: Kersafsluiting

Beriggewer: Mette Kromhout

Datum : 19 November 2015

 

Tydens die afsluitingsvergadering van die VLV op 19 November is deur middel van ‘n kersspel op die ware rede om Kersfees te vier,  gefokus.

 

 

murraysburg1

 

 

Die kerksaal was versier met ‘n eenvoudige droë tak,  wit geverf,  met enkele versierings as kersboom en die kriptoneel met drie engele en herders.  Met visuele stimulering dring die ouditiewe beter deur en het alle teenwoordiges met volgehoue aandag na die twee voorlesers se boodskap geluister.  Juis die eenvoud was besonder treffend.

 

 

Danksy die samesang van bekende kersliedere met kitaarbegeleiding van Sarie Reynolds en Neville van Rooy is alle teenwoordiges betrek en hulle denke oor kersfees geprikkel.

 

 

Elana Grobler (20 jaar) en Adrie Conradie ( 40 jaar) word vir hulle lang en diensbare lidmaatskap vereer.

 

 

murraysburg

Voor : Hannelize van Heerden en Adrie Conradie

Agter : Maretta Theron, Kay Hesselink, Renee Swanepoel (voorstitter), Elana Grobler, Lina van den Berg en Theresa Troskie

Afwesig : Johanna van der Merwe

 

 

Die voorsitter vir 2015,  Renée Swanepoel,   bedank die uittredende voorsitter,  Theresa Troskie,  vir drie jaar se dinamiese voorsitterskap.  Sy het werklik tydens haar termyn ‘n groot verskil gemaak en geleenthede vir die VLV om in die gemeenskap diensbaar te wees,  geskep.

Post a comment

five × two =