Mosselbaai se Erfenis

 

Mosselbaai se Erfenis

Posted by VLV in Voëlvlei Tak 24 Feb 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Voëlvlei

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Brenda Viljoen

Datum:  24 Februarie 2015

 

Op Dinsdag, 24 Februarie 2015, het die VLV Voëlvlei dames bymekaar gekom vir hulle maandelikse vergadering.  Glimlagte en opgewondenheid was orals te sien.

 

Onder al die henne was daar ook die keer twee hane. Mnr. Pieter van Reenen en Mnr. Rob Phillips van die Mosselbaai  Erfenis vereniging het die dames kom wys hoe Mosselbaai gelyk het n hele paar jaar terug.

 

voelvlei1 (Custom)

 

Die Mosselbaai Erfenis groep/vereniging is ‘n nie-winsgewende organisasie wat sedert 1988 veg vir die geskiedkundige geboue van Mosselbaai en die omgewing.  Hulle strewe daarna om Mosselbaai se pragtige erfenis te beskerm  van die ou klip en ander geboue tot artefakte en wyd oop groen ruimtes.  Mosselbaai is ‘n redelike ou stad op die Suid-Afrikaanse kalender en daar is baie ou en interessante geboue hier.  Baie van die ou klip geboue is gedurende die 50s en 60s gesloop, maar die res van die geboue word fyn dopgehou deur die erfenis vereniging.  Hulle bewaar nie net ou geboue nie maar staan ook reg om te help met onderhoud of restourasie van hierdie ou geboue sodat dit nie net soos n wit olifant staan nie. Vir die dames wat in die area groot geword het was dit natuurlik wonderlik om weer terug te kon gaan in tyd.  Dit was wonderlik om meer te kon hoor en leer van die ryk erfenis wat hier reg onder hulle neuse is.  Mnr. Van Reenen het baie staaltjies gehad oor die erfenis van Mosselbaai. Waarlik n praatjie om te onthou.

 

Daarna het Elmarie Engelbrecht die VLV groep meer vertel van Argilla pottebakkery en die veelsydigheid van die baie spesiale produkte.  Die hele reeks is ontwikkel om mikrogolf, oond en skottelgoedwasser veilig te wees.  Dit word met die hand gemaak.  Argilla potte is so stylvol dit kan reguit van die oond af voorgesit word op tafel.  Dit is ook n baie gesonde manier van kos maak.  Die klei potte behou al die voedingstowwe van die kos.

 

voelvlei (Custom) 

 

Dis veilig om te se dat alle mense op aarde dit geniet om na n storie te luister.  Nou met die vorige vergadering het Rika de Villiers vir die groep dames vertel van ‘n man wat geglo het dat elke mens op aarde n storie het om te vertel.  Hy het sy stelling bewys deur luktaak nommers te trek uit n telefoon gids en die dan te bel.  Hy sou dan die persoon aan die ander kant vra om vir hom n storie te vertel.  Nou, by die maand se vergadering, het Rika de Villiers iets soorts gelyk gedoen.  Sy het een van die dames in die vergadering gebel en gevra om vir die groep n storie te kom vertel.  Alhoewel dit nou nie Coerien Taljaard se eie storie was nie, was dit beslis n luister werd.  Coerien het “n emmer tanne” voorgelees uit een van Jan Spies se boeke.  Die trane het behoorlik gerol soos daar gelag was.

 

Die gasvrouens het weereens soos altyd hulle kant gebring en na die afloop van die vergadering was daar heerlike eet en drink goed beskikbaar gewees.  Mens het nie geweet waar om te vat en waar om te los nie.  Die borde was net te klein om alles op te pas.  Tweede en derde happies was aan die orde van die dag.

Post a comment

nineteen + fourteen =