Mooimaaksessie

 

Mooimaaksessie

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 20 Aug 2014

Sirkel:Paarl

Tak:  Suider Paarl

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum:   20 Augustus 2014

 

Met die takvergadering het twee skoonheidsdeskundiges,  by name  Carina du Plessis en Irmelet van Zyl,  die dames kom toespreek oor die versorging van die vel en het ook ’n demonstrasie gegee.

 

Die vel is die grootste deel van die liggaam wat ons beskerm teen bakteriee en die buitelewe.  Soos jy ouer word verlaag estrogeenvlakke wat veroorsaak dat selle in die vel stadiger vernuwe.

 

Die vel maak minder kollageen en elastin sodra jy ouer word.  Velkleur word bepaal deur die selle melanosiete.  Ligte velle en persone met rooi hare is meer sensitief vir son en velkanker kom gouer voor. Dis dus raadsaam om saam met vogroom ook altyd sonskerm te dra. Koop liefs ’n goeie sonskerm.  Wat ons kan doen om ons vel beter op te pas is om elke dag vogroom en sonskerm te dra.

 

Verander velsorg produkte soos jy ouer word vir die ouer vel. Antioksidante help met beskerming en herstel van skade aan die vel. Bevogting is baie belangrik maar niks penetreer werklik die vel nie.  Verminder stress en vermy sonbeddens , UVA/UVB is gevaarlik en help velkanker aan.

 

Aknee moet saggies hanteer word en rook verouder die vel geweldig.

 

suider paarl

v.l.n.r. Carina du Plessis,  Irmelet se moeder van byna 80 jaar, Irmelet van Zyl

 

’n Grimeerdemonstrasie is op Irmelet van Zyl se moeder gedoen. Die vel is eers met ’n skoonmaakmiddel skoon gemaak – net nooit met seep nie.  Daarna is die vel  bevogtig met ’n room en dit strek tot in die nek area.   Donker vlekke is toe met ’n sekere onderlaag verbloem en daarna die regte onderlaag  (meer vetterig vir ouer persone)  aangewend.

 

Volgende is wenke gegee soos byvoorbeeld gebruik sagte oogpotlode en moenie oe en lippe beklemtoon nie,  slegs een van die twee.  Wend gerus blosser op die wange aan, liefs ’n room.  Poeier beklemtoon die plooie.  Sorg dat die vel gloeiend lyk.  En as dames mooi lyk voel hul ook goed.

 

Na die mooimaaksessie kon die dames vrae vra.

 

 

 

Post a comment

seventeen + 20 =