Mooi met min

 

Mooi met min

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 24 Jan 2019

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 23 Januarie 2019

 

 

Jurina Kriel, kom deel haar passie met fotografie. Haar stokperdjie het haar onderneming geword. Die eerste foto’s is in1861 geneem.

 

Die foto’s wat op die maan geneem is, se film is verwyder, maar kameras was te groot en is daar gelos.Dit was in film formaat geneem en later “ge-photoshop” Films is baie duur, maar bly nog die beste kwaliteit foto. Foto’s word ligter en donkerder gemaak, maar kan nie die prent verander nie.

 

Vandag word selfone gebruik, wat goeie foto’s neem, maar foto’s  vergroot nie mooi nie. Daar is goeie digitale kameras en die lekkerste is om die foto’s onmiddelik te verwyder wat nie goed lyk nie.

 

Sy deel wenke met ons:

  1. ‘n Goeie foto word gebore uit ure se oefen (ongeveer 10 000 foto’s) agter die kamera om al die funksies te verstaan.
  2. Die beste foto’s word ‘n halfuur voor sonop geneem, op bewolkte dae en ‘n halfuur na sononder, wanneer  die lig sagter voorkom.
  3. Beweeg nader aan die voorwerp, eerder as zoom.
  4. Maak seker die agtergrond het nie steurnisse nie.
  5. Persone wat ligsensitiewe oë het, moet hul oë toe hou, tel tot 3 en maak dan oë oop.

 

Daar word vandag 2/10 foto’s gedruk, die res word op ‘n hardeskyf gebêre. Haar voorstel is om ‘n fotoboek te maak, sodat almal dit sien.

 

Wees geduldig, gebruik jou tyd en geniet dit. Dit is ‘n oomblik wat nooit weer sal wees nie.

 

Tema uitgebeeld op die tafel

 

 

      Goeie foto’s kan op verskillende stowwe  gedruk word.

 

 

Jurina Kriel – Spreker

 

Post a comment