Montagu sluit af

 

Montagu sluit af

Posted by VLV in Montagu Tak 15 Nov 2014

Sirkel: Worcester

Tak: Montagu

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Zelda van Heerden

Datum: 15 November 2014

 

 

 

montagu4

 

 

Montagu se afsluiting was gehou op 15 November 2014. Daar was ‘n modeparade waar modelle Louise Vermaak, die eienares vanFleur de Lis, se klere ten toon gestel het.

 

 

montagu3                montagu8              monyagu1

 

 

Liesl Ellis is gekies om ‘n oormaaksessie deur te gaan. Vicky Ellis van Hair Studio 2000 het haar hare gesny, gekleur en getooi, Leana van Deventer van Skin Care Clinic het haar gegrimeer en Louise Vermaak van Fleur de Lis het haar aangetrek.

 

 

montagu2
 

Sebastiaan Pretorius het lekker vir die dames gesing. Die tafels was pragtig gedek met boeke wat op hopies gebind was met lint en fyn teestelle en tot oorlopens toe gelaai met eetgoed. Daar was onder andere  ‘n rooi fluweelrandkoek met ‘n heerlike vulsel, aarbeie en meringue op elke tafel.

 

 

montagu10

 

 

Tydens die afsluiting was kentekens uitgedeel, onder andere aan Helen Jordaan wat al 60 jaar lank ‘n lid is en sy het ook die 10de November 92 geword. Verder was daar ook ‘n 40 jaar kenteken aan Marina Spamer, 15 jaar aan Paula Oberholzer en 10 jaar aan Marinda Venter en Zelda van Heerden uitgedeel.

 

 

montagu11

 

 

Daar is afgesluit met die oorhandiging van mooi geskenkpakke vir almal wat ons dag ‘n sukses gemaak het. Voorwaar ‘n lekker oggend.

 

Post a comment

3 × one =