Misdaad in oënskou

 

Misdaad in oënskou

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 02 Oct 2013

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 2 Oktober 2013

 

Spreker: Kaptein Koos Minnaar van SAP Langebaan (Jarelange inwoner van Langebaan en ook bekend aan almal).

Kaptein Koos Minnaar en Corrie Slabber (Sameroeper).

 

Kaptein Minnaar gee ons ‘n oorsig van die misdaad in Langebaan.

Misdaad is grotendeels onder beheer behalwe vir aanrandings, saakbeskadiging, diefstal uit motors, dronkbestuur en dwelmgebruik.

 

Kaptein Minnaar verduidelik breedvoerig wat hulle by Langebaan Polisie doen om misdaad te bekamp. Hy doen ‘n beroep op dames om nie waardevolle items in motors te los sodat dit sigbaar kan wees vir ander nie. Hy doen ‘n beroep op almal om hul deure en vensters toe te hou veral met die feesgety wat voorlê.

 

Dank word uitgespreek vir die buurtwag en ander sekuriteitsbeamptes wat daagliks die polisie se hande versterk.

Henriëtta Melck, Helmine Steyn, Kaptein Koos Minnaar en Corrie Slabber.

Rose en glas : Blomme-aanbieding was van hoogstaande gehalte.

Post a comment

five × two =