Mimosa Verf

 

Mimosa Verf

Posted by VLV in Mimosa Tak 20 Apr 2015

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Mimosa

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Erika Linde

Datum:  20 April 2015

 

Marcel van Heerden (Custom)

 

Mimosa se dames het hul April vergadering by Villa Brocant te Vryburg gehou. Marcel van Heerden het hul op die veelsydigheid van die gewilde Annie Sloan Kalkverf gewys. In die winkel waar pragtige geskenke, verbruiker artikels en pragtige antieke meubelstukke te koop aangebied word, kon die dames sien dat die verf vir verskeie doeleindes aangewend kan word.

 

Op die vloer by die ingang van die winkeltjie, is daar motiewe aangebring wat baie modern en stylvol vertoon. Een muur is ook geverf en met stensil werk versier. Talle meubelstukke is ook geverf wat ‘n besondere voorkoms verleen.  Aangesien die basis bestanddeel van die verf kalk is, word geen meubelstuk beskadig deur die verf.

 

Daar is verskeie kursusse wat deur Marcel aangebied word van beginners tot gevorderd. Van die meer gevorderde metodes is die drie dimensionele voorkoms wat verkry kan word met verskillende tegnieke.

 

Daar was 13 dames wat elkeen ‘n bordjie geverf het met behulp van ‘n stensil. Al die benodigdhede is aan hul verskaf en ieder en elk het dit werklik baie geniet. Dit is beslis ‘n kunsvorm wat enige persoon kan bemeester en self hul meubels, mure en selfs buitenhuis kan aanwend.

Post a comment

14 − 10 =