Mimosa raak kreatief

 

Mimosa raak kreatief

Posted by VLV in Mimosa Tak 22 Jan 2015

 

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Mimosa

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer:  Erika Linde

Datum:  22 Januarie 2015

 

 

Adila Theunissen het die dames kom motiveer om aan die Handvlyt kompetisie vir kongres deel te neem.  Sy het pragtige voorbeelde van singende mense wat  sy self geskets het vir die dames gewys en het die tegniek  om die potlood skets te maak gedemonstreer.  Ook al die benodigdhede wat  gebruik kan word.  Sy is ‘n kunstenaar en het geweldig baie talent en dit was heerlik om te sien met hoeveel gemak en sonder veel moeite sy skets.

Sy het voorbeelde van die blommerangskikking vir die Sirkel kompetisie ook saamgestel.  Die rangskikking moet ‘n musiek instrument uitbeeld vir die beginners en vir die meer gevorderd is dit ‘n hooftooisel.

Daarna het sy vir die dames ‘n handvlyt artikel laat maak wat soortgelyk is aan piouter werk.  Almal het heerlik saamgewerk, aangesien sy al die benodigdhede klaar voorberei het.  Dit was baie bevredigend en een en almal was dit eens dat mens altyd iets nuut by die VLV vergaderings leer.

 

 

 

mimosa

Post a comment

17 − three =